Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Groot Visrivier-kanomarathon gaan voort

Die organiseerders van die 39ste Groot Visrivier-kanomarathon is oortuig dat die wêreldwye koronaviruspandemie geensins vanjaar se marathon in die wiele gaan ry nie.

Inteendeel, hulle verwag om op 25 en 26 September die beste marathon ooit aan te bied.

“Alhoewel so baie sportgeleenthede reeds moes gekanselleer of uitgestel word, is ons oortuig dat die siekte hom binne die volgende vyf maande sal uitwoed en dat die maraton soos beplan sal voortgaan,” sê Roy Copeman, voorsitter van die maratonbestuur.

Inskrywings word gewoonlik van 1 Julie af aanvaar en sal vanjaar ook so voortgaan.

Vanjaar se marathon gaan nie net die Suid Afrikaanse K-1 en K-3-kampioenskappe aanbied nie, maar die Suid Afrikaanse skole se riviermarathon-kampioenskappe gaan ook plaasvind.

Copeman sê hy is bewus van die probleme van die huidige situasie in die land, maar hy is nie van plan om nou al tou op te gooi nie.

“Ons het met beide die SA- en Oostelike Provinsie-kano-unies gesels en hulle ondersteun ons plan om voort te gaan. Ons gaan egter die situasie nog fyn dophou,” sê Copeman.

Inskrywings word gewoonlik van 1 Julie af aanvaar en sal vanjaar ook so voortgaan, maar die organiseerders behou hul reg voor om planne te verander sou dit nodig word.

“Ons gaan nie dadelik begin om inskrywingsgeld in te samel nie aangesien ons eers wil sien hoe dinge verloop,” verduidelik Copeman.

Die bestuur het onderneem om alle belangstellendes betyds te laat weet indien die planne verander moet word.

Meer oor:  Visrivier  |  Covid  |  Marathon  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.