Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Hoe nou gemaak as jy vlieg?

’n Vrou wat die rugleuning van haar sitplek op die vliegtuig laat sak het, tot groot ergernis van die man agter haar – het ’n debat op sosiale media ontketen oor wat presies die regte vlieg-etiket is.

Nie net het die man agter haar haar sitplek aanhoudend gestamp nie, die lugwaardin het boonop ’n kennisgewing aan haar gegee dat sy ’n stoornis veroorsaak en gedreig om haar van die vliegtuig af te laat begelei.

Wendy Williams, ’n onderwyseres wat op pad was van New Orleans, waar sy ’n konferensie bygewoon het, na Charlotte in Noord-Carolina, het ná die voorval getwiet haar misdaad was dat sy haar rugleuning laat sak het.

Die man wat al die stampwerk gedoen het, het ’n komplimentêre glasie rum van die lugwaardin gekry.

Williams het die hele petalje op haar selfoon verfilm en die opname op sosiale media geplaas. Die lugwaardin het haar beveel om die video te skrap, maar sy het geweier.

Sy het in die tweede laaste ry van agter gesit en die man agter haar, in die laaste ry, kon nie sy rugleuning laat sak nie. Hy het dus heelwat minder plek gehad nadat sy hare laat sak het.

Op die vliegtuig self en op sosiale media was die siening oor die situasie verdeeld. Sommige het haar kwalik geneem dat sy hom nie meer ruimte gegee het nie en ander het gesê dit was die man se probleem en nie hare nie.

Williams het haar verhaal in ’n onderhoud met Fox & Friends vertel en gesê sy wil hê die man moet homself identifiseer.

Volgens haar het sy haar rugleuning laat sak nadat hulle in die lug was. Hy het haar gevra om dit regop te stel terwyl hy eet, wat sy gedoen het.

Nadat hy klaar geëet het, het sy weer die rugleuning laat sak en dis toe dat hy haar rugleuning “met sy vuiste” begin slaan het.

Williams beskryf die voorval nou as aanranding en sê sy verduur pyn. “Ek moes siekteverlof neem, ek was by ’n dokter, moes X-strale laat neem en het vir ’n week lank vreeslike hoofpyn gehad.”

Sy het die video eers ’n maand ná die voorval op sosiale media geplaas.

Sy het eers by American Airlines oor die voorval gekla, en is deur hulle aangeraai om dit aan die FBI te rapporteer. Sy het dit nie gedoen nie.

American Airlines het by navraag aan CNN gesê passasiers het “vlugregte” wat deur die departement van vervoer omskryf word. Dit bepaal byvoorbeeld dat lugdienste aan passasiers water sal gee indien die vliegtuig op die aanloopbaan vertraag word.

Gemak en persoonlike ruimte val nie onder hierdie regte nie.

Hierdie is egter nie ’n nuwe tameletjie nie. Lilit Marcus, CNN Travel se redakteur in Hongkong, het in November geskryf ’n passasier moet net in “spesiale situasies” die rugleuning laat sak.

“Agteroorlê is ’n manier om jóú reisbehoeftes te bevredig, maar net joune. Mense het nie ’n probleem om dit te doen nie, maar niemand hou daarvan as dit aan hulle gedoen word nie.” Mercury News, The Daily Mail



Meer oor:  Noord-Carolina  |  New Orleans  |  Wendy Williams  |  American Airlines  |  Vlieg  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.