Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Hope avontuur in die Namib

Op 6 Oktober 2018, net voordat my matriekeksamen sou begin, vlieg ek en my pa, Arrie, van Kaapstad Internasionaal na Walvisbaai. Vertrek dan na Swakopmund.

Daar aangekom het ons die dag met die hulp van Desert Explorers in die rooi sandduine gespeel, vierwielmotorfiets gery en lekker sand geëet. Die hoogtepunt van dié dag en ook ons hele toer, was egter ongetwyfeld die skydiving deur Ground Rush Adventures. Adrenalien het behoorlik gepomp, maar ek was dankbaar vir die geleentheid, want dit was een van my grootste drome.

Anrich en Arrie Burger.
Anrich wag om in Ground Rush Adventures van Swakopmund se vliegtuig te klim.

Daarna word die dorp verken, ons besoek die Boeddha-beeld by die pier en dan geniet ons ’n yskoue weissbier en ’n heerlike stuk eisbein by Hoffbrauhaus.

Die volgende dag besoek ons Hentiesbaai asook die Brandberg en daarna gaan kyk ons na die pragtige klippies en edelgesteentes by Uis.

Ons ry terug na Windhoek en besoek die gewilde Joe’s Beerhouse.

Die volgende dag ry ons na die grootste dam in Namibië, die Neckartal, sowat 40 km noordwes vanaf Keetmanshoop, waar ons die mooiste sonsondergang gesien het.

Nadat my pa sy werksverpligtinge by die Neckartal-dam afgehandel het, vlieg ons op 12 Oktober weer terug na Kaapstad. Wat ’n great manier om van jou stres te ontlaai voor die matriekeksamen!

  • Anrich Burger se ouma Bettie het sy storie ingestuur. Hy werk tans op ’n plaas in Nieu-Seeland naby die stad Dipton.
Uiteindelik in die lug!
Anrich by Neckartal-dam waar sy pa, Arrie, werksverpligtinge moes afhandel voordat hulle verder kon vakansie hou.
Stresvry en reg vir sy matriekeksamen na ’n heerlike vakansie in Namibië.
Meer oor:  Swakopmund  |  Walvisbaai  |  Reis  |  Doendinge  |  Namibië2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.