Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Hulde en angs op die grens

Die wêreld wonder wat het geword van die koddige Noord-Koreaanse diktator Kim Jong-oen. Marzahn Botha het al die buffersone tussen Noord- en Suid-Korea besoek en onthou hoe dit haar hare laat rys het.

Die soldate aan weerskante gee my koue rillings. In die verte sien jy ’n Noord-Koreaanse soldaat met sy verkyker. Foto: Marzahn Botha

Die wêreld gons oor waar Kim Jong-oen wegkruipertjie speel. Nadat hy op 15 April die viering van sy oupa Kim Il-Soeng se geboortedag gemis het, het gerugte die ronde begin doen dat die opperleier van Noord-Korea baie siek of selfs aan ’n hartaanval dood is. Sommige meen egter die vreemde leier (37) kruip bloot net weg vir die Covid-19-virus. Sy regering maak alles af as ’n missiel sonder skietgoed. Hy, of sy kabinet, het selfs die afgelope Maandag ’n Vryheidsdagboodskap aan ons pres. Cyril Ramaphosa gestuur.

As hy werklik dood is, kan dit lei tot grootskaalse onstabiliteit in dié omgewing. Dit sal onder meer waarskynlik aan die kommunistiese China ’n ferm greep op die Koreaanse skiereiland gee.

As hy werklik dood is, kan dit lei tot grootskaalse onstabiliteit in dié omgewing. Dit sal onder meer waarskynlik aan die kommunistiese China ’n ferm greep op die Koreaanse skiereiland gee.

Intussen beweer Noord-Korea daar’s nie ’n enkele Covid-19-geval nie. Wie sal weet?

Hoe Noord en Suid geskei is

Sedert 1910 was die Koreaanse skiereiland ’n kolonie van Japan. Toe Japan in 1945 in die Tweede Wêreldoorlog verslaan is, is die land op die 38°-breedtelyn verdeel, met die VSA wat Suid-Korea oorgeneem het, terwyl Rusland die noorde ingeneem het.

Die Verenigde Nasies (VN), gesteun deur die Westerse moondhede, dryf die Noord Koreane terug. Maar die Noord-Koreane is versterk deur miljoene Chinese troepe wat ingestuur is deur hul leier Mao Zedong.

Op 25 Junie 1950, byna 70 jaar gelede, begin die Koreaanse Oorlog toe Noord-Korea met die hulp van Rusland Suid-Korea binneval. Die Verenigde Nasies (VN), gesteun deur die Westerse moondhede, dryf die Noord Koreane terug. Maar die Noord-Koreane is versterk deur miljoene Chinese troepe wat ingestuur is deur hul leier Mao Zedong (1893-1976). Die grens is weer gevestig op die 38ste breedtegraad. Die oorlog het voortgeduur. Die Republiek van Korea in die suide en 16 ander lande, waarvan Suid-Afrika een was, het as die Geallieerde moondhede geveg om hul demokrasie te beskerm en vrede te bewerkstellig.

Die Republiek van Korea in die suide en 16 ander lande, waarvan Suid-Afrika een was, het as die Geallieerde moondhede geveg om hul demokrasie te beskerm en vrede te bewerkstellig.

Nagenoeg 4 miljoen mense is dood en sowat 10 miljoen families is verdeel.

Volgens VN-inligting het daar 823 Suid-Afrikaners in die oorlog geveg. 243 was lugmaglede en 545 troepe, 38 was offisiere en manne wat saam met die 1ste Statebondeenheid geveg het. Die lugmaglede was van 2 Eskader, die sogenaamde Flying Cheetahs. 37 Suid-Afrikaners het gesneuwel. ’n Wapenstilstand is op 27 Julie 1953 gesluit. Die oorlog duur tegnies voort.

Name van Suid-Afrikaners wat in die Koreaanse oorlog gesneuwel het. Foto: Marzahn Botha

Bring hulde aan ons eie

Tydens my besoek aan die Koreaanse Oorlogsveteranemuseum het ek my eie huldeblyk aan ons dapper soldate gebring. Name soos Amo Janse van Rensburg, Jesse Powell Verster, Christiaan Lodewyk de Jongh, Tertius Liebenberg en Douglas Raymond Leah is saam met ander in brons gegraveer.

Name soos Amo Janse van Rensburg, Jesse Powell Verster, Christiaan Lodewyk de Jongh, Tertius Liebenberg en Douglas Raymond Leah is saam met ander in brons gegraveer.

Suid-Korea is ’n besonder koue land in die winter. In Seoel het dit eendag -19 °C geword. Dis ’n koue waarop ’n boerseun nie voorbereid kon wees nie. Somers is weer drukkend warm.

Ek staan by ‘n soldaat in die JSA, oftewel die gemeenskaplike sekuriteitsarea, van die buffersone. Foto: Marzahn Botha

Die vreesaanjaende DMZ

Die gedemilitariseerde buffersone (DMZ) op die 38ste breedtegraad bestaan steeds. Met die vredesooreenkoms kon gevangenes van die oorlog kies waar hulle wil bly. ’n Buffersone van 3,2 km aan weerskante van die 245 km lange grens is gevestig.

Ek het net gedink as my ma weet in watter nietige stuk aarde ek myself nou bevind, sou sy nóg harder gebid het. Sommer vir al ons soldate wat daar gesterf het ook.

Dit is hier waar my toer begin saam met Amerikaanse en VN-soldate wat hier ontplooi is. Ek en ’n klein groepie belangstellendes is omstreeks 04:00 in ’n bussie gelaai om die onbekende in te vaar. Ek het net gedink as my ma weet in watter nietige stuk aarde ek myself nou bevind, sou sy nóg harder gebid het. Sommer vir al ons soldate wat daar gesterf het ook.

’n Noord-Koreaanse soldaat aan hul kant van die grens. Foto: Marzahn Botha

Alles is vreemd en onrusbarend sinister. Die DMZ se natuurskoon versag wel die oomblik, maar die teenwoordigheid van soldate met groot gewere maak die besoeker eintlik sielsbenoud.

Alles is vreemd en onrusbarend sinister. Die DMZ se natuurskoon versag wel die oomblik, maar die teenwoordigheid van soldate met groot gewere maak die besoeker eintlik sielsbenoud.

Hoekom stap ons doelbewus in ’n wêreld in waar die leier ’n man is wat lief is daarvoor om missiele af te vuur. “Wie sê dis nie vandag nie,” maal dit deur my kop.

Op hierdie besoek doen ons eers aan by die DMZ-paviljoen waar die derde tonnel geleë is.

Gedurende vredesonderhandelinge tussen die lande het Noord-Korea in die geheim steeds tonnels gebou, hoofsaaklik drie, om Suid-Korea binne te sypel. Hulle is eers heelwat later ontdek. Die langste tonnel is die derde tonnel, wat naby Seoel moes uitkom. Dit was 1 635 m lank en het 73 m onder die grond gelê, en sowat 30 000 soldate kon per uur deur die tonnel beweeg.

Kijong-dong, ‘n dorpie aan die Noord-Koreaanse kant van die buffersone wat glo opgerig is om die illusie van ’n “ lekker lewe” in Noord-Korea te skep. Daar woon moontlik nie regte inwoners nie. Foto: Marzahn Botha

Ek besoek ook die Dora-waarnemingsentrum op die berg Dora. Van hier kan jy deur verkykers kyk na Kijong-dong. Die naam beteken Vredesdorp, maar volgens ons gids is dit net ’n propaganda-gemeenskap sonder inwoners. Op party betongeboue is selfs vensters geverf om die illusie te skep dat dit bewoonbaar is. Nou rys my nekhare eers, want dit voel of onheil broei. Jy sien ook die ou treinspore van die Dorasan-treinstasie, wat vroeër al die pad na die hoofstad Pjongjang gepyl het.

Op party betongeboue is selfs vensters geverf om die illusie te skep dat dit bewoonbaar is. Nou rys my nekhare eers, want dit voel of onheil broei.

Maar dis in die JSA oftewel die gemeenskaplike veiligheidsgebied in Panmoen­djom wat onderhewig is aan Suid-Korea en Amerika se gesag waar jou maag rondomtalie. Dis hier in dié klein blou geboutjie waar alle samesprekings tussen wêreldleiers plaasvind. Dis ook die plek waar die weermaglede soos verstokte marionette aan albei kante met verkykers vir mekaar loer. Selfs pres. Bill Clinton het in hierdie geboutjie in 1993 gesê “dis die skrikwekkendste plek op aarde”.

Ek het rustiger gevoel toe ek die Suid-Afrikaanse vlag saam met die ander Geallieerde vlae in die einste geboutjie gesien het. ’n Amerikaanse soldaat vat ons na ’n ander uitkykpunt waar jy nóg ’n propaganda-dorpie sien. Die grootste Koreaanse vlag ter wêreld word glo daagliks hier gehys om die teenwoordigheid van mense te bevestig. Hier het ek besef dat enige gebied waar die weermag vastrapplek het, ’n onnatuurlike gevoel skep wat net spoke uit die verlede oproep.

  • Bronne: www.history.com; Foreignpolicy.com; News.sky.com.
Meer oor:  Mao Zedong  |  Kim Jong-Oen  |  Covid-19  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.