Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Kies dié bestemmings vir 2020

Of jy nou op ’n eiland in die Indiese Oseaan wil ontspan, of berge in Suid-Amerika wil klim– daar is baie om in 2020 en die nuwe dekade wat voorlê te ontdek. As jy beplan om vanjaar te reis, maar nog nie seker is waarheen nie, is hier ’n paar idees van top-reisbestemmings soos saamgestel deur CNN Travel en Lonely Plan­et:

Die La Paloma-vuurtoring in Uruguay.
Die beeldskone Ezulwini-vallei in Eswatini (Swaziland).Foto’s: iSTOCK

  • Estland:Hierdie land in die noorde van Europa het baie om te bied, veral vir smulpape. Beproef van die plaaslike cuisine, wat ’n groot fokus het op ’n Noorse manier van eet (baie natuur-geïnspireerd). Die land is klein en dit is maklik om ’n sentrale basis te hê en dan van daar met openbare vervoer te reis na stede soos Tartu, Värska en Viljandi.
  • Marokko: Dié Noord-Afrikaland is ’n mekka van kultuur en geskiedenis, en as jy van die skares in Marrakesj wil ontsnap, is daar Berber-bergdorpies, verlate Atlantiese Oseaan-strande en uit­gestrekte woestyn om te ontdek.
  • Ierland: Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig om die Republiek van Ierland te besoek nie, en dié klein eilandbestemming is van hoek tot kant vol besienswaardighede wat jou weer en weer terug sal lok. Van die stedelike gegons van Dublin tot die majesteit van die Galway-kus, Ierland verdien sy plek as ’n top-bestemming vir 2020.
  • Aruba: Hierdie eiland in die Karibiese See het pragtige, palm-verfraaide strande, maar in die suide vind ’n mens San Nicolas (ook bekend as Sunrise City), waar plaaslike en internasionale kunstenaars besoekers vermaak en waar jy jou kan verdiep in die kultuur van die eiland.
  • Kirgisië (Kirgistan): Snoesig geleë tussen China na die ooste, Kazakstan na die noorde en Oezbekistan na die weste, is dit maklik om dié klein landjie mis te kyk, maar dit sal ’n groot fout wees, veral vir avontuurlustige reisigers. Dié land spog met alles van indrukwekkende berge en klowe tot geil graslande. In die winter kan ’n mens rondom die dorp Karakol ski, en in die somer kan jy gaan perdry in die Tien Sjan-berge.
  • Eswatini (Swaziland): Sommer op ons voorstoep is hierdie landjie vol avontuur, kultuur en natuurskoon. Daar is nou ook ’n nuwe internasionale lughawe, asook verbeterde padinfrastruktuur na die hoofstad en bewaringsareas. Van wildkyk tot adrenalien-sport, Eswatini bied iets vir elke soort reisiger.
  • Nederland: Vanjaar is dit 75 jaar sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog, en Nederland is gereed om dit in styl te vier. Amsterdam is natuurlik ’n goeie basis, maar maak gebruik van die uitstekende treinnetwerk om soveel as moontlik stede te besoek. April en Mei is die beste maande om Nederland te besoek en te ontdek wat dié piepklein landjie alles bied.
  • Uruguay: Dié land moet beslis op jou lys wees wanneer jy ’n reis na Suid-Amerika beplan. Ontdek die 660 km van die Ri´o de la Plata en die Atlantiese kuslyn, proe die land se interessante wyne, ontspan in die warmbronne en geniet die buitengewone natuurskoon. Die mense is sout van die aarde en besoekers word met ope arms verwelkom.
Meer oor:  Bestemmings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.