Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Koelste Kalkbaai

Baie lank terug het setlaars aan die Valsbaaise kus mosselskulpe uit die see geoes en dit verwerk tot kalk waarmee hulle kon bou. Vandaar die naam van die dorpie Kalkbaai.

Kalkbaai se hawe is ’n kleurvolle prentjie. Foto’s: Cobus Germishuys

Dié mense sou seker nie kon raai dat húl dorpie in 2018 deur die tydskrif Forbes aangewys sou word as die koelste woonbuurt in die wêreld nie.

Snoekfilette waai in die wind om uit te droog.

Die dorpie het ’n ryk geskiedenis van vissery en jy kan steeds vroegoggend jou snoek, soldaatvis of geelstert direk van die boot af of in die vismark by die hawe gaan koop. En as jy nie lus het om self te braai nie, is dit al tradisie om vis en skyfies, op die tradisionele manier toegedraai in koerantpapier, by Kalkies te koop. Sit sommer op die kaai en eet, terwyl jy die robbe wat lui-lui in die son lê en bak dophou.

Duikers speel rond in die hawe by Kalkbaai. Foto’s: Cobus Germishuys

Kalkbaai is ook nog al die jare ’n kinderparadys. Die jongklomp vang graag met ’n handlyn vissies vanaf die kaai of swem in die Dalebrook-getypoel.

Maar wat Kalkbaai, met sy net minder as 2 000 inwoners, deesdae vir my soveel koelermaak, is sy kreatiewe leefstyl. Met sy turkoois waters en wegsteekwinkeltjies is dit ’n toeristeparadys. Drentel deur die talle kuns- en boekwinkeltjies wat selfs oral in stegies versteek lê.

Daar’s ’n verrassing in byna elke stegie wat uit Kalkbaai se strate vurk.

Of gaan kyk ’n vertoning by die Kalkbaai-teater met sy 85 sitplekke in Hoofweg. Man Band is ’n ode aan mannemusiek van die verlede, met treffers van onder meer Boyz II Men, The Beach Boys, The Beatles, The Jackson Five, en Backstreet Boys wat op die planke weerklink. Die eerste vertoning daarvan is op 4 Februarie.

Die ikoniese huisies op Kalkbaai se strand. Foto:

En as jy nie geld het om Havana in Kuba te besoek nie, kom sommer na Kalkbaai. Hier kan jy by Cape to Cuba, ook in Hoofweg, ’n paar sigare rook en ’n mojito drink. Dit is ’n gewilde kuierplek waar die seesand onder jou kraak en jy sowaar voel asof jy êrens in Latyns-Amerika by ’n kroeg sit.

Meer oor:  Kalkbaai  |  Valsbaai  |  Besoek  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.