Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Kry Rosendal lief op die Love-fees
Straatvertonings sal weer deel van die Love Rosendal-fees wees.

Op vanjaar se fees, van 12 tot 14 Februarie, word op die nuwighede in dié dorp gefokus. Dit sluit in die heropening van die hotel, die restourasie van die kultuurdorpie, die Dahla Hulme-ateljee en Die Stoor, asook die restaurant Kos-Huis-Kroeg.

Die klem val op voedsame kos, soos organiese heuning en kaas, en ’n heilsame lewenstyl in ’n rustige, skeppende omgewing. Ook sal aandag geskenk word aan die ryk geskiedenis van die omgewing, asook ’n nuwe permakultuur-projek, Waaipoort, net buite die dorp.

Vrydag begin die fees met straatvertonings en kunsgalerye wat hul deure vir besoekers oopmaak. ’n Moulin Rouge-dansaand in die Kos-Huis-Kroeg, of skemerkelkies en peuselhappies in die hotel, nou bekend as Hound & Rose Country House, sal verseker niemand hoef honger bed toe te gaan nie.

Vir dié wat nog ’n drankie wil drink en potspel wil speel, is die Waya Waya-taverne die plek om te wees.

Saterdag kan talle winkels, galerye, ’n boeremark en stalletjies by die hotel besoek word. Vir kinders wag pret met speletjies, sportaktiwiteite, gesigverf en ’n poppevertoning op die sportterrein.

Die omgewing om Rosendal, waar die Love Rosendal-fees van 12 tot 14 Februarie gehou word. Foto’s: Verskaf

Langsaan word die pas gerestoureerde en omheinde Cultural Village met sy winkels en kunsvlytstalletjies amptelik heropen. Verder word almal genooi om tennis te speel of kyk en op die uitkyk te wees vir die straatvertonings.

Aan kos sal geen tekort wees nie.

Sondag sal die eetplekke weer oop wees en sal die hotel ’n 16-gang-buffet bied.

’n Paar Rosendallers sal Sondag hul huise oopmaak vir besoekers, sodat hulle kan sien hoe inwoners hul huise ingerig het en verstaan wat die dorp se aantrekkingskrag is. ’n Wandeling deur die dorp of die erediens in die sandsteenkerk is nog opsies om hierdie fees mee af te sluit.

Meer oor:  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.