Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Kuier in lekker Durbs

Die eerste ding wat mense my vra wanneer hulle hoor ons het aan die begin van Desember vir ’n vinnige wegbreek Durban toe gegaan, is of ’n mens ooit nog in Durban kan gaan vakansie hou.

Die waarheid is dat ons regtig ’n lekker wegbreek gehad het. Die strande was toe nog nie oorvol nie, dit was skoon, met die menseredders op hul pos. Die Rikshaws het net soos in die ou dae hul bene opgeskop en hul passasiers laat gil van plesier. Selfs Mini Town van destyds is nog daar.

Die swembad-area by die Elangeni-hotel het ’n pragtige uitsig op die see. Foto’s: Terésa Coetzee

Ons het boonop heerlik in die Southern Sun Elangeni-hotel reg op die Goue Myl en die strandfront gebly. Jy loop oor die straat en dan is jy op die parade.

Die Elangeni- en Maharani-hotel is reg langs mekaar en die gaste kan albei hotelle se restaurante en swembadfasiliteite gebruik. Jy kry jou swemhanddoek onder by ontvangs. Die Maharani se swembad op die dak is verhit.

Elke hotel het sy eie restaurant waar jy kan aansit vir middag- en aandetes.

Die seekos in Mythos is uitstaande.

Die hotelle is boonop baie naby die splinternuwe Sun­Coast-casino wat aan die eindpunt van die Goue Myl geleë is.

Hier is ook talle spesialiteits- en kitskosrestaurante. Hier is hope vermaak vir oud en jonk, soos die fliekteaters.

Tydens ons besoek het ons een aand in die splinternuwe Mythos-restaurant by die casino gaan eet en ons het onvergeetlike Griekse kos gekry.

Die kombinasie van garnale en calamari wat ek gekies het, was een van die lekkerste seekosdisse wat ek in ’n lang tyd geëet het en die manne se steaks was perfek gaargemaak.

Jy kan in ’n Griekse restaurant eenvoudig nie nee sê vir nageregte soos baklava, kataifi en pistachio nie en Mythos se pryse is regtig billik en fantastiese waarde vir geld.

Ons het ’n baie vriendelike kelnerin gehad wat vertel het dat ons haar eerste kliënte is. Sy het haar egter wonderlik van haar taak gekwyt en ek het haar verseker daar wag nog ’n blink toekoms op haar.

Meer oor:  Durban  |  Doendinge  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.