Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Kus van die dood
Die Skedelkus spaar nie mens of dier nie. Híér moet jy aanpas, anders verdwyn jy in die niet – alleen of met omkykers wat net soos jy oorgelaat is aan die elemente se genade. Marzahn Botha het die 1 500 km lange reis deur die Skedelkus en Kaokoland in die noorde van Namibië met haar lens vasgevang.

Hier en daar sit ’n klipmannetjie teen ’n boom, op ’n hoogte of teen ’n klip en loer. Dit is die kunsvlyt van die argitek Trevor Knott, wat sy omgewing kreatief gebruik om vir jou te wys jy is nie alleen in die verlatenheid nie.
Dié grasieuse Himba, Tjambira, is die oudste en bekendste Himba in die kamp naby Purros. Sy woon saam met 17 ander vroue in die kamp. Haar vel blink van die oker en vet wat aangesmeer is.Foto’s: Marzahn Botha
Geraamtes, enjins, agaat, ametis, diamante – alles lê verberg onder die sand. Jy kan ook by die Lockheed Ventura (1942) stop waar bene en oorblyfsels van ’n vliegtuig se afgebreekte enjin verstrooi lê. Die vliegtuig was ingespan om die Dunedin Star-skeepswrak te red.

Ry jy in ’n konvooi deur die poorte van die Skedelkus, tref dit jou. Dít sit ’n swart hond op jou en wil nie los nie. Dis ’n eensaamheid wat jy nie kan beskryf nie, ’n alleenheid wat bly kleef in een van die mees onherbergsame plekke in die wêreld. Die Portugese sou dit “die hekke van die hel” doop, die Boesmans se naam daarvoor is “die plek wat God verlaat het.”

My foon is gebêre, want die woestyn wil nie te veel mense-invloed hier hê nie. Sy het altyd die laaste sê.

Al langs die roete is ’n rooijakkals altyd naby. Hierdie aasdiere se fyn spore is elke oggend in die kamp.
Die mooiste gesig was vir my toe ons deur die Hoarusibrivier en die groen van die beskermde vallei tussen die rooi en swart kranse ry. In die verte het die jong olifantbul met die naam Danny gestaan. Soos ons nader gekom het het Danny nie ingenome gelyk met die bakkies wat kom pla nie. Foto:
Hierdie jong kameelperd het gegly en in die Hoarusibrivier wat sterk afgekom het, beland. Ek kon die dier afneem voordat sy kop vir die laaste keer onder die water verdwyn het.

Dis ’n voorreg om hier te wees saam met die woestynleeus by Möwebaai of Danny die woestyn-olifant in die Hoarisib-rivier.

Al is ek nooit alleen nie en deel van ’n 4x4-toergeselskap, wil ek meer ’n randfiguur wees.

’n Woestynkewer en ’n bakkie. Die woestyn is die gelykmaker, enigiets oorleef of “breek” hier.
Geraamtes, enjins, agaat, amatis, diamante – alles lê verberg onder die sand. Jy kan ook by die Lockheed Ventura (1942) stop waar bene en oorblyfsels van ’n vliegtuig se afgebreekte enjin verstrooi lê. Die vliegtuig was ingespan om die Dunedin Star-skeepswrak te red.Foto:
’n Himba met die bynaam Kai ken die Skedelkus se woestyngedeelte soos die palm van sy hand. Hy sou kilometers kaalvoet vooruit hardloop oor die duinformasies en die bakkies teen die hellings van tot 30 m hoog afhelp.

Ek skuil agter my kamera en begin fokus op ’n verdwaalde jakkals wat alleen loop of ’n irriterende kraai wat nie ophou met die galgroep nie. As jy ’n solo-
kopreis hier doen, fokus jy op enkelinge of dinge wat met jou praat. In dié dorre wêreld leef alles in ’n hegte verhouding saam. Elke krap is deel van ’n groter kolonie, elke rondloper-pelsrob deel van die Kaapkruis- of Cape Frio-kolonie van derduisende pelsrobbe. Selfs by die heel noordelikste punt waar die Kunene-rivier in die Atlantiese Oseaan uitmond, en Angola aan die anderkant sit, voel jy deel van die vasteland Afrika. Ry jy oor een duin, is dit maar net nog deel van ’n reeks duinformasies wat jou uit die Skedelkus lei.

Die les wat ek hier geleer het, is dat daar altyd omstanders is. Dat jy deur ’n woestyntyd in jou lewe kan gaan, en nooit regtig alleen is of hoef te wees nie. In dié tuin van skelette, sand, see, diamant, ametis en duine, leef alles vir altyd. Soos Daniel Hugo in sy gedig, “Kus van die dood” skryf: “net soms lê die wind sy skatte bloot: murasie, sandroos en geskroeide geraamtevoet.”

Nie oop vir almal nie

Die Skedelkus Nasionale Park se kuslyn is nagenoeg 660 km lank – van die grens met Angola suidwaarts tot by die Swakoprivier naby Swakopmund. 

Weens die sensitiwiteit van die omgewing moet mense die roete binne die reëls aflê. 

Nie enigeen kan dit doen nie, jy moet dit deur ’n toeroperateur met ’n permit aanpak. Twee Himbas van Othipupu besit die konsessie-area en reguleer die permitte wat die departement van omgewingsake en toerisme dan uitreik.

  • Marzahn Botha was ’n gas van Bhejane 4x4 Adventures en Unbounded Namibia. 

Meer oor:  Namibië  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.