Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Dié vakansie-lodge aangewys as beste in SA
De Morukuru Family Beach Lodge naby Witsand. Foto: morukuru.com

’n Vakansie-lodge tussen Witsand en Arniston in die Wes-Kaap is deur lesers van die reistydskrif Condé Nast Traveller aangewys as die beste in die land – en dit is nog maar twee jaar oop.

Die eienaar en personeel van die Morukuru Family Beach Lodge in die De Hoop-natuurreservaat is ekstaties oor die eerbewys.

“Ons is baie opgewonde en trots om erken te word as die beste lodge in Suid-Afrika en dit net twee jaar nadat ons ons deure oopgemaak het,” sê Ed Zeeman, die eienaar, in ’n Facebook-plasing. Hy is oorspronklik van Nederland.

“Om erkenning te kry vir hierdie baie spesiale ligging in ’n beskermde natuurreservaat, en ook die moeite wat ons gedoen het om hierdie 100% off-grid-bedryf te skep, sonder om luuksheid en gemak prys te gee, is net wonderlik!

“Ons bedank al ons gaste wat vir ons gestem het en die reisbedryf wat ons die afgelope jaar ondersteun het, ’n baie moeilike een vir ons bedryf,” sê Zeeman.

’n Kamer in die lodge wat op die duine uitkyk. Foto: morukuru.com

Die De Hoop-natuurreservaat is 34 000 hektaar groot. “Net oos van die suidelikste punt van Afrika omvat dit ’n mariene beskermingsone wat tot drie myl in die Indiese Oseaan in strek,” lui ’n beskrywing op die tydskrif se webtuiste.

Die walvisse aan die suidkus is tussen Junie en Oktober 'n groot trekpleister.

Die sitkamer wat op die see uitkyk. Foto: morukuru.com

Daar is tamaai duine vir sandplankry. Bontebokke, elande en die Kaapse bergsebra word gereeld in die omgewing gesien.

As jy in die rotspoele snorkel tydens laagwater is jy gewoonlik omring van bedreigde swart oesters, lui die skrywe. “Dit is soos om op safari te wees met direkte toegang tot die strand.”

Zeeman sê: “Baie dankie aan ons wonderlike en getroue personeel vir hul harde werk en toewyding om te verseker dat ons gaste ’n unieke en spesiale ervaring het wanneer hulle by ons en in Suid-Afrika tuisgaan. Sonder hulle sou hierdie erkenning nie moontlik gewees het nie.”

Sien die volle lys van wenners hier.

Die personeel van die Morukuru-lodge in die De Hoop natuurreservaat. Foto: Facebook/Morukuru Family De Hoop

Meer oor:  Ontspan  |  Vakansie  |  Leef  |  Lodge  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.