Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Namakwaland pronk in blommekleed ná goeie reën

’n Belowende blomseisoen lê voor in die Namakwaland en omliggende dele danksy goeie reën vanjaar.

In die Namakwa Nasionale Park in die Noord-Kaap is die veld reeds bedek met etlike blomsoorte en sal besoekers nog tot September kan gaan blomme kyk – as die weer saamspeel.

Genevieve Maasdorp, Sanparke-woordvoerder in dié streek,

het Vrydag gesê dat die blomme vanjaar veel mooier as in vorige jare is as gevolg van die goeie reën.

Indien die wind nie te sterk waai nie kan die blomme nog tot in September hou, volgens Maasdorp.

Clanwilliam se veldblomskou sal van 23 Augustus tot 1 September gehou word om die blommeryk in die Cederberg-streek ten toon stel.

Luidens ’n verklaring beloof dié skou om ’n hoogtepunt van vanjaar se blomseisoen te wees – te danke aan die goeie reën.

Meer oor:  Omgewing  |  Blommeseisoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.