Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Namibië: Wat benodig jy by die grens?

Vir enige reis oorsee of oor die landsgrens moet jy oor die nodige reisdokumente beskik.

Tussen Suid-Afrika en Namibië is daar sewe grensposte. Dit is dus belangrik om jou tyd en roete goed te beplan sodat jy nie voor ’n toe hek beland nie.

Sewe grensposte:

  • Noordoewer: 24 uur per dag oop
  • Ariamsvlei: 24 uur per dag oop
  • Oranjemund: oop van 06:00 tot 22:00
  • Rietfontein: oop van 08:00 tot 16:30
  • Mata-Mata: oop van 08:00 tot 16:30
  • Velloorsdrift/Onseepkans: oop van 08:00 tot 16:30
  • Sendelingsdrift: oop van 08:00 tot 16:00, maar bel vooraf om seker te maak of die pont daardie dag oor die rivier loop.

Jy gaan hierdie dokumente by die grensposte moet hê:

  • Jou paspoort. ’n Geldige paspoort is die allerbelangrikste artikel as jy Namibië wil besoek. Dit is noodsaaklik dat jou paspoort en dié van jou hele gesin vir ten minste nog ses maande geldig is vanaf jou vertrekdatum uit Namibië. Jy moet ook sorg dat daar ten minste twee skoon bladsye in jou paspoort oorbly.
  • Rybewys. Jy het nie ’n internasionale rybewys nodig om in Namibië te bestuur nie, maar ’n geldige Suid-Afrikaanse rybewys, wat aanvaar word deur die lidlande van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, is wel nodig.
  • Voertuigregistrasie. Maak seker dat jy afskrifte van jou voertuig (en sleep- en woonwa) se registrasiedokumente byderhand het. Jy moet dit toon sodra jy die grens per voertuig oorsteek.
  • Magtigingsbrief. As jou voertuig nog afbetaal word, moet die bank vir jou toestemming gee om dit oor die grens te neem. Dokumente met volle besonderhede oor die eienaar van die voertuig moet ook by jou wees as jy ’n 4x4 vir jou besoek wil huur.
  • ZA-plakker. Hierdie is beslis ’n moet as jy Suid-Afrika met jou voertuig verlaat na ’n ander land. Vertoon dit duidelik regs agter op jou kar.
  • Grenstarief. Tans is die tarief R277 per voertuig. Hou maar ’n ekstra paar rand eenkant vir enige onvoorsiene koste wat by die grens kan opduik.
  • Kinders jonger as 18. Nuwe wette wat sedert 2015 van krag is, vereis dat alle kinders onder die ouderdom van 18 ’n onverkorte geboortesertifikaat saam met hul geldige paspoort moet toon - dit is om te bewys dat jou kind wel jou eie is. Enige kinders wat saamreis en nie jou eie is nie, moet die volgende hê: ’n Beëdigde verklaring van die ouers wie se kind saam met jou reis (wat bevestig hulle gee toestemming), afskrifte van beide ouers se ID’s of paspoorte asook jou paspoort en hul kontakbesonderhede.
Meer oor:  Namibië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.