Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Plek vir speel op dié kuns

‘Welkom te Hamad-lughawe,Doha. Poort tot jou eindbestemming.”

Só lees ’n helderverligte reklamebord wat ek deur ons vliegtuig se venster sien toe ons in die middel van die nag neerstryk.

Tom Otterness se beelde op die Hamad-lughawe in Doha, Katar, is spesifiek ontwerp om kinders te vermaak. Foto’s: Reinette van Rensburg

Ongeveer 34,5 miljoen passasiers het in 2018 hul eindbestemmings deur hierdie lughawe in die middel van die woestyn bereik. Hulle hoop die getal sal vanjaar tot sowat 53 miljoen styg.

Ná ’n lang vlug vanaf Suid-Afrika wil ons ’n bietjie bene rek. ’n Mens kan sien veral die kleiner kinders is nou moeg vir klein ruimtes. Ons mik by die aankomssaal se deur uit na buite, maar die hitte van die nag laat ons gou retireer. Die gemiddelde daaglikse temperatuur van Doha styg tot 50 °C, en met die humiditeit saam voel dit soos 60 °C.

So, wat nou gemaak met klein, gefrustreerde bloedjies op ’n lughawe? Die oorstaan is immers ure. Een geluk, die lughawe is toegerus met lugverkoeling.

Tom Otterness se beelde op die Hamad-lughawe in Doha, Katar, is spesifiek ontwerp om kinders te vermaak. Op hierdie man se maag is boonop ’n sitplek vanwaar ouers die kleinspan kan dophou. Foto:
Kyk uit vir die klein, versteekte beeldjies wat bo-op die groot beelde gegiet is.
Die beelde vermaak nie net kinders nie, maak wakker ook hul verbeelding aan. Foto:

Ongelukkig is nie alle internasionale lughawens se eetplekke soos die Spur in Suid-Afrika ingestel op die vermaak van kinders nie.

Maar Doha se mense het ’n plan gemaak. Die Hamad-lughawensmaatskappy het saamgewerk met museums in Katar om interessante vermaak vir die kinders te bring.

Die bekende New Yorkse beeldhouer Tom Otterness is genader om die lughawe se aankoms- en vertreksale van kindervriendelike beelde te voorsien, met die klem op speel en vermaak.

Die resultaat was asemrowend. Nou wel nie ’n Disney World nie, maar iets anders waarop kinders mag klim en klouter.

En as bonus ’n ingeboude bank waarvandaan ma en pa die kleingoed kan dophou.

Kleiner beeldjies is deur die beeldhouer op verskillende plekke op beelde vasgegiet net om kinderverbeeldings verder te prikkel. Sommige van die beelde wat net as kuns uitgestal word, is tot 6 meter hoog en strek tot teenaan die plafon van die gebou.

Dit was amusant om te sien hoe sommige ouers ’n uiltjie knip op die ingeboude banke by sommige van die beelde, terwyl die kinders hulself vermaak.

Meer oor:  Katar  |  Kinders  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.