Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Proe wyn, konfyt en varsprodukte in Piketberg

Piketberg is omring deur graan- en kanolavelde asook wingerde. Tasneem van Rooyen deel die ideale doendinge in die dorpie.

Pragtige proteas kan by die plaasmarkie gekry word. Foto: Verskaf

In die vroeë 1700’s is 15 soldate met ’n kanon gestasioneer op die mees hoogliggende deel van waar Piketberg vandag lê om die boere in die omgewing te beskerm. Hulle moes die kanon afvuur wanneer ’n skip in die Kaapse hawe aankom sodat die boere weet wanneer om hul groente en gewasse Kaap toe te neem om te verkoop. Vandag is dié dorpie steeds hoofsaaklik ’n boeregemeenskap, maar met soveel meer om te sien en doen:

1. Piketberg-museum

Dié museum het sy deure in 1983 geopen. Hier kry jy fassinerende stories oor die gemeenskap se Joodse geskiedenis asook ’n kosbare versameling oorspronklike artefakte en boeke oor Piketberg se vroeë inwoners. Meeste hiervan is deur plaaslike inwoners aan die museum geskenk.

Vir meer inligting, skakel022 913 2177 of stuur e-pos na info@piketbergmuseum.co.za.

Org de Rac Organic-wynkelder sit vir jou fynproewersgeregte voor. Foto: Verskaf

2. Org de Rac Organic-wynkelder

Dié wingerde se ligging aan die bergkant beloof ’n warme verwelkoming aan besoekers. Hier kry jy gehaltewyne, skoon plattelandse lug en ’n heerlike atmosfeer. Vir meer inligting skakel 022 913 2397 of besoek wine@orgderac.co.za.

3. FruitLips-konfytfabriek (Piket-Bo-Berg)

FruitLips verskaf konfyt, marmelade, blatjang en vrugtestroop aan gekose winkels. Hul fokus is vars handgemaakte konfyte van die beste gehalte. Fruitlips is ook ernstig daaroor om water te bespaar, dus gebruik hulle verskeie herwinningstegnieke.

Vir meer inligting, skakel 022 914 5050 of stuur gerus e-pos na info@fruitlips.co.za.

4. Piket-Bo-Berg-plaasmarkie

Dié markie wat bo-op die berg geleë is, betrek vele plase wat gehaltevrugte soos pruime, perskes, lemoene en baie meer produseer. Hulle vervaardig ook olywe en groente. Hier kan jy smaaklike vrugte gaan proe en die plaaslike atmosfeer geniet. Vir meer inligting, skakel 022 914 5654 of besoek ksvfarm.co.za.

Die Piketberg-museum het interessante artefakte en inligting oor die geskiedenis van die dorp. Foto: Verskaf

5. Piketberg- historiese roete

Piketberg se historiese roete is beslis ’n besoek werd. Moenie dié geleentheid misloop om die geskiedenis van die dorpie te verken nie. Vir meer inligting, kontak Piketberg Toerisme by022 913 2063 of stuur e-pos na tourism@piketberg.com.

6. JustBe Farm Retreat (Soutkloof Game Farm)

Hierdie selfsorgplekkie is omring deur wilde diere soos die Kaapse bergsebra, eland, gnu (swartwildebees), springbokkies en die skaam silwerjakkals. Skakel 064 068 6409 vir meer inligting. Stuur gerus ook e-pos naadmin@soutkloofgame.co.za.

Meer oor:  Piketberg  |  Namakwaland  |  Reis  |  Blomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.