Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Reis met Jens: Dié paaie in Kruger bekoor

VRAAG:

Hulle sê die Kruger-wildtuin is so groot soos Nederland, Luxemburg en België tesame. Ons was al ’n paar keer daar, maar is altyd op soek na nog besonderse plekke in dié wildtuin. Watter plekke lê jou die naaste aan die hart daar? Wat is die mees besondere oomblik wat jy nog daar beleef het? – Martie du Preez, Pretoria

ANTWOORD:

Jens Friis sr. en Nico Friis kyk na olifante wat kom water drink vanuit die Lake Panic-voëlskuiling digby Skukuza in die Kruger-wildtuin.Foto: Jens Friis

Ná byna 50 besoeke oor nagenoeg vier dekades bly die Kruger-wildtuin my steeds bekoor – nes vir soveel ander.

Ek glo dis omdat dit soveel meer bied as bloot die diere.

Wat is beter as om ná ’n dag se dieresoek oor die motorhek van ’n kamp te ry as die dag Afrika groet, ’n vuur aan te steek en saam met verskeie generasies van jou familie aan te sit vir ete terwyl jy dalk in die nag ’n leeu hoor brul?

Vanaf Gauteng is ons eerste stop gewoonlik by die Alzu-motorhawe waar jy reeds halfpad ’n voorsmakie kan kry van die dierelewe wat op jou wag.

Van hier kies ons dan koers via Schoemanskloof en gaan gewoonlik die wildtuin in by Malelane of Krokodilbrug. Dis die naaste en vinnigste pad vanaf Johannesburg.

’n Algemene vraag is of jy die suide of noorde van die wildtuin verkies. ’n Groot trekpleister vir my is dat jy in die noordelike kampe makliker plek kry en dit veel stiller is. As jy op iets besonders afkom, is die kans goed dat julle dalk die enigste motor kan wees. My gunstelingteerpad was altyd die bekende H4-1 wat die loop van die Sabierivier tussen Skukuza en Onder-Sabie volg. Maar deesdae is daar soveel verkeer hierop dat ’n groot deel van die ervaring daarmee heen is.

’n Teerpad waaroor ek dol is, is die H7 van Satara na die Orpen-hek. In die omgewing van Bobbejaankrans – ’n mooi uitkykplek – is dit nes die H4-1 ’n rivieroewerpad en vorm die bome ’n tonnel bo-oor die pad.

Satara en Onder-Sabie is die twee kampe waar ek nog die meeste diere gesien het en jy is byna gewaarborg om een van die katspesies hier te gewaar.

Om dié rede is my gunstelinggrondpad dan ook die S100 oftewel die N’wanetsi-rivierpad. Boonop lei dit na die N’wanetsi-piekniekplek. Hier in die Lebomboberge kan jy byna tot in Mosambiek sien.

Kort op die hakke van die S100 is die S63 wat al langs die Luvuhu-rivier lei tot op die grens van Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe. Dit is een van die mees afgeleë dele van die wildtuin en is bekend vir sy voëllewe en ’n koorsboomwoud.

Nog gunstelinge in die wildtuin is:

  • Drink iets op die dek van Skukuza en Onder-Sabie.
  • Sekerlik die beste uitkykpunt in ’n wildtuinkamp is dié in die Olifants-ruskamp.
  • Uit Lake Panic se voëlskuiling digby Skukuza het olifante al vyf meter van ons af water gedrink.
  • Die Sunset-dam by Onder-Sabie sal immergewild bly omdat dit net buite die kamp is en jy hier na diere kan kyk totdat die hekke byna sluit.
  • Probeer die spa in Skukuza vir ’n massering of pedikuur.
  • Maak ’n draai in Skukuza se biblioteek – oorkant die winkel. Dis ook hier waar ’n begraafplaas is vir honde wat hul deel gedoen het in die wildtuin.
  • Onder die kleiner, tradisionele kampe is ek lief vir Orpen en Krokodilbrug.
Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Wildtuin  |  Reisvraag  |  Reis Met Jens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.