Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Reis saam met Jens: November net-net nog reg

VRAAG:

Ons wil ’n draai gaan maak in Madagaskar. Is ’n visum nodig? Hoeveel kos vliegkaartjies? Ons beoog om in November te gaan. Is dit ’n goeie tyd? Pieter Venter, Northriding, Johannes burg

Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig om Madagaskar te besoek nie. Foto: iSTOCK

ANTWOORD:

As jy vir 30 dae of minder vakansie gaan hou op dié reuse-eiland in die Indiese Oseaan oos van Afrika, kan jy gelukkig ’n visum met aankoms daar kry. Jy hoef dus nie vooraf een aan te skaf nie.

Antananarivo, Madagaskar se hoofstad, se Ivato- internasionale lughawe (TNR) is ’n halfuur se ry van die stadskern. ’n Vlug van Johannesburg duur net oor die drie ure.

Die vlugte wat ek vir jou kon opspoor op 13 November en terug op die 20ste is met Kenya Airways (R8 019) en SAA (R11 109) terwyl Air France jou ’n allemintige R27 839 gaan vra.

Laasgenoemde is via Charles de Gaulle-lughawe in Parys en is meer as ’n dagreis ver. Dis dus nie ’n opsie nie.

Kenya Airways is die goedkoopste, maar die vlugte is via Nairobi en duur onderskeidelik 15 (daarheen) en 10 ure (terug).

Dit hang af hoeveel geld jy op die vliegkaartjies wil bestee, maar ek sou eerder met SAA vlieg, wat ’n direkte vlug is.

April tot Junie is dit laagseisoen en is vliegtuigkaartjies oor die algemeen die goedkoopste.

Toeriste besoek Madagaskar regdeur die jaar, maar die meeste reën val tussen Desember en Maart en siklone is ’n sterk moontlikheid. November, wanneer julle wil gaan, behoort dus net-net nog reg te wees.

Die gemiddelde reënval in November in Madagaskar is 135 mm teenoor Junie se 4 mm. In Desember en Januarie val hier gewoonlik meer as 300 mm!

Die geld wat jy gaan spaar deur nie ’n visum te moet hê nie, gaan moontlik minder wees as ’n duur vliegkaartjie na daardie eksotiese bestemming.

In November kan jy gemiddelde dagtemperature van 27 °C verwag en snags 15 °C.

Madagaskar is egter ’n groot eiland met tropiese tot droë dele. Jy noem ongelukkig nie na watter area julle wil gaan nie.

Lande wat visumvry is vir Suid-Afrikaners of waar ons maklik ’n visum kan kry, word vir my toenemend ’n belangrike faktor as ek ’n bestemming kies om te besoek, want dit vat tyd en geld om ’n visum in die hande te kry.

Die lande wat Suid-Afrikaners die graagste wil besoek soos Nederland, Engeland, Australië, Kanada en Amerika vereis almal visums.

Daar is gelukkig steeds heelparty bestemmings wat visumvry is of waar jy op die lughawe ’n visum kan kry. Hieronder tel Brasilië, Singapoer, Malawi, Kenia, Argentinië en die Filippyne.

Vir ’n vollediger lys loer by travelstart.co.za/visa-free/countries.

Hou egter in gedagte dat dit dikwels baie kos om by van dié plekke uit te kom.

Vra jouself dus af: Is die kool die sous werd?

Die geld wat jy gaan spaar deur nie ’n visum te moet hê nie, gaan moontlik minder wees as ’n duur vliegkaartjie na daardie eksotiese bestemming.

Meer oor:  Jens Friis  |  Madagaskar  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.