Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Reisvereistes om Namibië tydens die pandemie te besoek
’n Negatiewe Covid-19-toetsuitslag en jou geldige paspoort is van die belangrikste dokumente wat jy moet hê om tans toegang tot Namibië te kry. Foto: ISTOCK

Vir meer as ’n jaar het die Covid-19-pandemie ons gevange gehou, maar gelukkig kan ons tans, met die verslapping van inperkingsreëls, weer reis en sekere plekke besoek.

Sommige mense is heel verstaanbaar nog nie gemaklik om oorsee te reis nie, maar dalk kan jy reis weer op die proef begin stel met ’n kort besoek aan ons buurland Namibië.

Dit is nie te ver nie en sal ook nie jou beursie so erg ruk as ’n oorsese vakansie nie.

Die reisvereistes

As gevolg van die pandemie is daar tans streng reisvereistes waaraan jy moet voldoen. Roxanne Parfitt van Pentravel vertel meer hieroor.

  • Toeriste wat na Namibië reis, moet ’n voltooide gesondheidsvraelys indien. Jy kan dié vraelys aflaai op Namibië Toerisme se webwerf by www.namibiatourism.com.na. Met aankoms moet jy ook ’n volledige reisplan indien sodat hulle weet wanneer jy waar gaan wees.
  • Reisigers moet ’n negatiewe Covid-19 Sars-Cov-2 PKR of antigeen (AgRDT)-toetssertifikaat van ’n gesertifiseerde laboratorium verskaf, wat minder as sewe dae voor jou aankoms in Namibië verkry is. As die toetssertifikaat ouer as sewe dae, sal jy met aankoms vir sewe dae in kwarantyn geplaas word.
  • Indien jy binne drie dae nadat jy Namibië verlaat het, wil terugkeer, mag jy die land binnekom met dieselfde negatiewe Sars Cov-2 PKR of die AgRDT-toetsuitslag waarmee jy uitgegaan het.
  • Reisigers wat meer as drie dae buite Namibië was, moet ’n nuwe negatiewe Sars Cov-2 PKR of AgRDT-toetsuitslag verskaf of anders sal hulle in kwarantyn geplaas word.
  • Let wel dat jy onder geen omstandighede toegelaat sal word om Suid-Afrika te verlaat met ’n positiewe uitslag nie.

Belangrike dokumente

  • Jou paspoort. ’n Geldige paspoort is noodsaaklik as jy Namibië wil besoek. Jou paspoort en dié van jou hele gesin moet vir ten minste nog ses maande geldig wees vanaf jou vertrekdatum uit Namibië. Jy moet ook sorg dat daar ten minste twee skoon bladsye in jou paspoort oorbly.
  • Rybewys. Jy het nie ’n internasionale rybewys nodig om in Namibië te bestuur nie, maar wel ’n geldige Suid-Afrikaanse rybewys, wat aanvaar word deur die lidlande van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.
  • Voertuigregistrasie. Maak seker dat jy afskrifte van jou voertuig (en sleep- of woonwa) se registrasiedokumente byderhand het. Jy moet dit toon om die grens met hierdie voertuig te kan oorsteek.
  • Magtigingsbrief. As jou voertuig nog afbetaal word, moet die bank vir jou toestemming gee om dit oor die grens te neem. Dokumente met volle besonderhede oor die eienaar van die voertuig moet ook by jou wees as jy ’n 4x4 vir jou besoek huur.
  • ZA-plakker. Hierdie is beslis ’n moet as jy Suid-Afrika met jou voertuig verlaat na ’n ander land. Vertoon dit duidelik regs agter op jou motor.
  • Kinders jonger as 18. Nuwe wette wat sedert 2015 van krag is, vereis dat alle kinders onder die ouderdom van 18 ’n onverkorte geboortesertifikaat saam met hul geldige paspoort moet toon – dit is om te bewys dat jou kind wel jou eie is. Enige kinders wat saamreis en nie jou eie is nie, moet die volgende hê: ’n beëdigde verklaring van die ouers wie se kind saam met jou reis (wat bevestig hulle gee toestemming), afskrifte van albei ouers se ID’s of paspoorte asook jou paspoort en hul kontakbesonderhede.

  • Alle inligting in dié artikel was korrek teen druktyd.    


GEBORG

Tommy se lewende woestyn-toere

Tommy se lewende woestyn-toere is ’n eiesoortige 4x4-avontuurrit deur die duine buite Swakopmund in Namibië. Op hierdie toer sal jy bekendgestel word aan die woestynbewonders in die Namib, soos die Palmato-geitjie, die Namakwa-verkleurmannetjie, die rats sandduiker-akkedis en vele meer. Bespreek jou toer by 081 128 1038, stuur e-pos na info@livingdeserttours.com.na.

Windhoek Country Club Resort

Die Windhoek Country Club Resort is ’n oord in ’n stad en bly die middelpunt van uitsonderlike gasvryheid en vermaak in Namibië. Die oord bied maklike toegang tot die lughawe en die stad en het alles wat jy benodig vir ’n gemaklike verblyf. Die sentrale ligging, uitstekende verblyf, konferensiegeriewe van wêreldgehalte, golfbaan met 18 putjies, Kokerboom Restaurant, Desert Jewel Casino en buitengewone diens, is enkele van die vele redes waarom die Windhoek Country Club Resort ’n gewilde bestemming onder sakelui is, sowel as ontspanningsreisigers.

Chameleon Safaris

Namibië is een van die lande met die minste bevolking in Afrika en het pragtige landskappe, interessante kulture en wonderlike natuurlewe. Chameleon Safaris vervoer sedert 1995 hul gaste veilig na die hoogtepunte wat dié land bied, met insiggewende verhale en passievolle gidse. Hul kort, ongelooflike waarde safari's is ideaal vir die Suid-Afrikaanse bure om ’n kort wegbreek na ’n buurland te ervaar wat anders, maar nog steeds bekend is. Afhangend van jou gemak of jou begroting, kan jy kies tussen een van hul vele kampeer- of verblyf-toere met weeklikse gewaarborgde vertrekkings. Sit agteroor en laat hulle jou Namibië wys. Vir meer inligting stuur e-pos na info@chameleon.com.na. Gebruik die afslagkode Dieburger2021 om afslag op jou bespreking te ontvang.

Taleni Africa

Verken Namibië se belangrikste besienswaardighede gekombineer met die beste gasvryheid waarvoor Taleni Africa bekend is. Klim die hemelhoë rooi sandduine van die Namib en bly digby die ingang na Sossusvlei met ’n keuse van luukse verblyf, selfsorg en kampering. Die sentraal geleë Hotel Zum Kaiser is die perfekte plek om die historiese Swakopmund te ontdek en by Etosha is daar twee kampeerplekke om van te kies asook Etosha Village wat grens aan Okaukuejo en die diereryk van Etosha Nasionale Park.  Vir meer inligting skakel 021 930 4564 of stuur e-pos na besprekings@taleni-africa.com.

Joe's Beerhouse

Joe's Beerhouse is ’n groot kraal waarin mense lekker kan kuier, naby genoeg vir pret maar ver genoeg vir gesondheid. Jy was nie in Namibië as jy nie by Joe’s Beerhouse was nie, want dit geld as een van die “groot ses”. Die winter nader, so kom kuier lekker rondom hul vuurmaakplek of neem deel aan hul tromme kring elke Woensdagaand vanaf 18:00. Geen ondervinding nodig, tromme word voorsien, skenkings is welkom. Dis die plek om jou te geniet in ’n eiesoortige en gesonde omgewing.

Hotel Pension Rapmund

Hotel Pension Rapmund bied verblyf in die pragtige Swakopmund. Baie sentraal geleë, slegs twee minute se stap tot in die hoofstraat van die dorp. Geniet die pragtige see uitsig terwyl jy smul aan hul baie bekende Duitse ontbyt wat al ’n reputasie opgebou het wat strek van grens tot grens. Daar is 20 standaard ensuite-dubbelkamers waarvan vier direkte see uitsig bied. Daar is ook twee familie-eenhede en hulle spog verder met twee luukste suites ook. Almal teen baie beskostigbare pryse. Hul ontvangs is tot 19:30 oop en hulle baie hulpvaardige en altyd vriendelike personeel sal graag help om julle kuier onvergeetlik te maak. 

Swakopmund-munisipaliteit

As Namibië se gewildste vakansiebestemming, en 2019 se Kwêla Dorp van die Jaar, het Swakopmund die afgelope paar jaar die belangrikste toerismebestemming en reishoofstad van die land geword. Swakopmund is sentraal geleë langs die Atlantiese kuslyn van Namibië en is die belangrikste stad waardeur alle toeriste wat in Namibië reis, moet ry. As die avontuurhoofstad van Namibië bied Swakopmund besoekers ’n wye verskeidenheid opwindende aktiwiteite soos duinplankry; ’n vetwielfietstoer deur die dorp, strand of duine; bootritte om dolfyne en ander seelewe te sien; visvang; uitstappies na Sandvisbaai, Walvisbaai en die Kaap Kruisrobkolonie en vele meer. Vir meer inligting besoek Swakopmund-munisipaliteit.

Meer oor:  Namibië  |  Aktiwiteite  |  Vakansiebestemming  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.