Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Salige wegbreek

Terwyl ’n sterk suidoostewind buite die hawegebied in Kaapstad woed, verbeel Malani Venter haar sy is terug by een van die lekkerste kort wegbreeknaweke wat sy in ’n lang tyd ervaar het.

Welkom by The Bungalow in Plettenbergbaai! As jy enigsins vanjaar plan kan maak om hier te kom oorbly, doen dit, asseblief! Verbeel jou hier sit en kuier, of boek lees, of net rus terwyl jy luister hoe die branders duskant jou breek.Foto’s: CAPE SUMMER VILLAS

En dít op eie bodem.

The Bungalow in Meedingstraat in Plettenbergbaai het my onkant betrap – op ’n goeie manier. In so ’n mate dat dit tans op my kortlys is vir die lekkerste blyplekgeriewe in die Kaap.

Dit vorm deel van die Cape Summer Villas Boutique Collection, ’n vyfsterbed-en-ontbyt­onderneming.

Nog kuierplek op die boonste dek.

Met die eerste oogopslag lyk The Bungalow soos iets wat eintlik op ’n eiland hoort.

Die feit dat dit so te sê op Hobiestrand gebou is, dra sekerlik daartoe by. En natuurlik die palmbome en paar branderplanke by die ingang.

Wat wil jy nou meer hê met ’n uitsig soos dié?

Dit bestaan uit sewe luukse, gemeubileerde kamers – vier met ’n see-uitsig – en almal met en suite-badkamers.

Die dekor en uitleg van die kamers is pragtig en slim gedoen – elke stukkie ruimte is goed benut vir jou gerief.

Die familie-eenheid is aan die verste ent van The Bungalow.

Boonop is daar genoeg plek om te ontspan – voor die see-uitsigkamers het elkeen ’n stoepie met ’n hangstoel. Hier is ook ’n vuur-boma-area in die skadu van melkhoutbome met oorgenoeg sitplek waar besoekers kan sit en kuier.

Vyf treë van jou kamer is die restaurant en kroeg – met ’n see-uitsig vanaf die onderste én boonste dek. Dis bederf en gerief in ’n ander klas.

Boonop is hier ’n klein swembad om in af te koel as jy eerder die strand wil vermy.

Die Cliff Side-eenhede.

Gepraat van die strand, as jy een is vir buitelugavonture, vra net die personeel vir watersportgeriewe en ander doen­dinge in die omtrek – hulle reël in ’n japtrap vir jou iets.

Wat die ligging nog gerief­liker maak, is dat jy jou bene ’n bietjie kan rek na Plettenbergbaai se pragtige winkels en koffiekroeë. Daar is een bult wat jou dalk ’n bietjie vinniger sal laat asemhaal, maar die oomblik wanneer jy by die eerste snuisterywinkel instap, is dit alles vergete.

Terwyl jy in Plet is, maak gerus ook ’n draai by die Robberg-natuurreservaat, waar jy verskeie staproetes kan verken (dis nie stapafstand van The Bungalow nie).

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Hawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.