Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Trein ry stadig vir foto’s

As jy Switserland se grasgroen dale en berge met sneeubedekte toppe wil indrink, koop ’n kaartjie op die Glacier Express, skryf Ben van Rensburg.

Reinette van Rensburg bewonder die groen en sneeuwit landskappe. Foto’s: Charlotte Pistorius en Joan van der Merwe

Die trein se eienaars noem dit “die stadigste sneltrein”. Dit ry so stadig sodat jy natuurfoto’s deur die panoramiese vensters kan neem, sonder dat dit wasig word van die spoed.

Die Glacier Express, ’n luukse trein met elektriese lokomotief en ses waens waarvan die vensters van jou voete tot teen die dak strek, neem jou op ’n asemrowende roete deur Switserland. Die roete strek vanaf Zermatt aan die voet van die Matterhorn-piek tot by die wêreldbekende St. Moritz-ski-oord hoog bo in die Alpe aan die oostelike grens. Die spoor kronkel oor 291 brûe en deur 91 tonnels.

Jesus aan die kruis op die Oberalp-pas.

Dit klim tot ’n hoogte van 2 033 m bo seespieël oor die Oberalp-pas waar meters dik sneeu en bevrore mere jou begroet, ook ’n eensame 3 m hoë beeld van Jesus Christus aan ’n kruis.

Om heelpad saam te ry, is nogal duur (veral as jy met ons rand betaal), maar jy hoef nie die hele roete mee te maak nie.

Die Glacier Express neem jou deur die groen landskappe van Switserland.

Ons het ongeveer die helfte van die totale roete vanaf Tiefencastel tot by Andermatt afgelê. Dit het drie uur geduur en R750 per persoon gekos.

Jy kan kos en drankies op die trein koop. ’n Heerlike hamburger kos R220, ’n bier (500 ml) R85 en koffie of tee R60 per koppie. Besoek glacierexpress.ch vir meer besonderhede.

Meer oor:  Switserland  |  Glacier Express  |  Trein  |  Reis Besoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.