Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Velddrif het iets spesiaal vir ieder en elk

Of dit nou die bokkoms is, of die Khoisan-sout, jy kan nie van die Weskus praat sonder om Velddrif in te sluit nie. Tasneem van Rooyen het gaan uitvind oor al die moet-sien plekkies in dié interessante dorp.

Harders en bokkoms is die Weskus se koningskos! Foto: Velddrif Toerisme

Velddrif het van die mooiste natuurtonele waar die Bergrivier in die see vloei.

Hier kry jy ’n egte Weskus-ervaring met soveel aktiwiteite om aan te pak.

Die dorpie het ’n ryk vissersgeskiedenis waarvan jy in die museum kan leer, uitsonderlike voëlspesies en die mooiste blomme wat jy gedurende die blommetyd kan aanskou.

As jy op soek is na rustigheid met die see net minute se ry van jou af en restaurante met gehaltekos op hul spyskaart, moet jy beslis tot in Velddrif gaan.

Hier ondervind jy ook daai eenvoud wat net ’n klein vissersdorpie kan bied.

Velddrif het die beste see-uitsigte. Foto: Belinda Jackson

Hier is ’n paar moet-sien plekke in Velddrif:

Kokerboom Kaas

Vir ’n kaaservaring soos min met name van plaaslike skepsels en flora, moet jy Kokerboom Kaas besoek. Die plek se visie was nog altyd om ’n reeks kase te maak met ’n plaaslike geur. Gaan besoek hulle gerus as jy ’n kaasliefhebber is.

Vir meer inligting kan jy vir David Malan bel by 082 572 1822.

Besoek gerus ook die webtuistewww.kokerboomkaas.co.za.

Charlie’s Brewhouse

Hier kan besoekers van alle ouderdomsgroepe kom kuier en die geleentheid aangryp om die beste uitsigte oor Port Owen Marina te aanskou.

Jy sal ook heerlike geregte geniet in ’n ontspanne atmosfeer. Daar is niks beters as om te sit met ’n vlytbier terwyl jy smul aan smullekker kos en kyk hoe bote die hawe verlaat om in die see uit te vaar nie. Bel gerus vir Thys Stander by 022 783 0448 of besoek www.charliesbrew.co.za vir meer inligting.

Charlie’s Brewhouse het lekker geregte waaraan jy kan smul terwyl jy hulle bier proe. Foto: Velddrif Toerisme

Ek & Djy Vissery in Bokkomlaan (Maaltyd op die rivier-kaai)

Vir die vis- en bokkomliefhebbers, is dié plekkie ideaal. Dit is een van die historiese geboutjies in die gewilde Bokkomlaan. Hier kan jy lekker maaltye geniet saam met ’n koue bier terwyl jy pelikane, eende en ander watervoëls dophou.

Vir meer inligting, bel vir Gert Aggenbach by 082 781 3878.

Bergfietse en roeibote

Vir die avontuurliefhebbers is daar bergfietsritte of vaar uit op die Bergrivier in ’n roeiboot en geniet die natuurskoon! Vir meer inligting, bel gerus vir Allan Conn by 076 687 7821.

SA Vismuseum

Wat is ’n dorpie nou sonder sy geskiedenis? Die SA Vismuseum is besonders omdat dit die hoogtepunte van die Weskus uitlig. Dit vertel interessante stories, van die geskiedenis van walvisse tot diepsee-visvang en die vang van klipkreef. Dit vier ook die nostalgiese vervlegting van visvang aan die kus.uit die verlede tot die teenwoordige tyd. As jy lief is vir geskiedenis, gaan maak ’n draai! Kontak vir Felicity Ströhfeldt by 022 783 2531 vir meer inligting.

Khoisan se natuurlike seesout

Velddrif is ook bekend vir hul Khoisan-seesout. Dié sout is heeltemal suiwer en natuurlik. Dit is ’n eiesoortige Suid-Afrikaanse seesout met sy besonderse mineraalsmaak en -geur. Wanneer jy dit proe, prikkel die kristalle die tong liggies voor dit oplos en ’n amper soeterige smaak in jou mond agterlaat. Bel vir Elfie Burger by 022 783 1520 as jy meer oor Khoisan-sout wil weet.

Tollie se rivier- en bootritte

Dié aktiwiteit is vir diegene wat hou van avontuur en opwindende bootritte. Vanaf een van Tollie se bote kry jy pragtige fotogeleenthede van sonsondergange en kry jy verskeie voëlspesies te siene X bring net versnaperinge en drankies saam vir ’n onvergeetlike ervaring. Dit is heeltemal kindervriendelik en veilig. Vir meer inligting, skakel 079 763 6966.

Meer oor:  Namakwaland  |  Velddrif  |  Blomme  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.