Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Ware rustigheid en voedsel vir jou siel in Namaqua-Weskus

Die Namaqua-Weskusstreek is nie net iets vir die oog nie, daar is ook vele aktiwiteite om jou mee besig te hou. Tasneem van Rooyen deel meer oor die sielskos daar.

Is jy op soek na vreedsaamheid met ’n asemrowende see-uitsig? Papendorp is die antwoord. Foto: Lizelle van Jaarsveld

Al die elemente wat bymekaarkom om nuwe betekenis te gee aan Moeder Natuur, kan in dié streek gevind word.

Hier is ’n lysie van plekke wat jy moet gaan verken:

Die Karoo-korhaan is een van die vele voëlsoorte wat jy in Vanrhynsdorp kan opmerk. Foto: Salome Willemse

Namaqua-voëlklub, met die vrolike voorsitter Salome Willemse, bied die uitstekende geleentheid om interessante voëlspesies te aanskou. Sy is kundig oor die Vanrhynsdorp-gebied en ken feitlik al die spesies in die omliggende omgewing. Die voëls het skatlike name soos Weskus Langbeklewerik en dubbelbanddrawwertjie. Sy besit ook ’n mooi gasteplaas as jy jouself in die dorp bevind. Vir meer inligting, bel vir Salome by 072 471 4083.

Koop die pragtigste inheemse vetplante by die Kokerboom Kwekery. Gaan maak gerus ’n draai daar. Foto: Lizelle van Jaarsveld

Knechtsvlakte Kwekery was eers Vanrhynsdorp se tronk wat in 1895 gebou is. Nadat die gevangenis gesluit is, is die Ou Tronk as Voortrekkerspankamers gebruik. Van 1974 tot 1995 was dit die dorpsmuseum. Tans huisves die Ou Tronk die Knechtsvlakte Kwekery waar jy allerhande oudhede en plant- en blomsoorte te siene sal kry. Kontak gerus vir Eduard Cornelissen by 083 898 9075, 027 219 7048 of stuur e-pos na melville1@telkomsa.net vir meer inligting.

Interessante artefakte uit toeka se dae versier die Knechtsvlakte Kwekery se mure. Foto: Lizelle van Jaarsveld

Kokerboom Kwekery is ideaal geleë in die groen gordel van Vanrhynsdorp met die mooiste kokerbome. Dié kwekery is besonders omdat hier slegs inheemse vetplante gekweek word. Hulle verkoop ook organiese produkte vir medisinale doeleindes en sade. Gedurende die blommetyd verander hierdie kwekery in ’n koffiekroeg en restaurant wat ligte, tradisionele geregte voorsit. Die kwekery verwelkom besprekings vir groot groepe van Augustus tot Oktober. Kontak gerus vir Christine Wiese by 076 391 4700 of stuur e-pos na kokerboom@kingsley.co. za vir meer inligting of besprekings.

Fryer’s Cove is nie net spesiaal danksy sy kaailigging nie, jy kan hier ook gehaltewyne proe en weglê aan heerlike geregte. Foto: Lizelle van Jaarsveld

Papendorpis ’n klein ou dorpie langs die see met van pragtige uitsigte. Die labirint daar is perfek vir dié rustige dorp weens die doodstilte wat jy daar ervaar, ideaal vir selfondersoek.

Fryer’s Cove in Doringbaai is ’n hele ander ervaring as waaraan jy dalk gewoond is. Het jy byvoorbeeld al ’n wynkelder op die kaai gesien? Dis eenvoudig uniek! Terwyl jy gehaltewyne geniet, sien jy hoe die branders aan weerskante van jou teen die rotse slaan. Die wynkelder spog met internasionale kliënte van Januarie tot Maart. Hier kan jy wyn uit die kleinste wynstreek in Suid-Afrika of heerlike plattelandse geregte proe. Jy doen jou ’n onreg aan as jy nie hierdie plek tydens jou blommetoer besoek nie. Kontak 027 215 1092 vir meer inligting of stuur e-pos na admin@fryerscove.co.za.

Meer oor:  Namakwaland  |  Namaqua-Weskus  |  Blomme  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.