Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Wenke om vliegfobie te oorkom

Die lugdiens Kulula.com het onlangs ’n verklaring uitgereik waarin vakansiegangers aangemoedig word om eerder te vlieg as te ry omdat ons paaie al hoe gevaarliker en besiger raak. Maar hoe gemaak as jy vreesbevange is vir vlieg?

Die vrees is glad nie ’n onbekende verskynsel nie, selfs vir mense wat gereeld vlieg.

Luane Lavery, kommunikasiebestuurder van Kulula.com en British Airways, gee ’n paar voorstelle hoe jy jou vliegfobie kan oorkom:

* Fokus op jou doelwit en eindbestemming. Voordat jy op die vliegtuig klim, is dit goed om perspektief te kry oor waarheen en hoekom jy vlieg. Dalk is jy op pad na ’n lekker vakansiebestemming of om geliefdes te sien.

* Verwoord jou vrese. Moenie skaam wees om vir die personeel te sê jy is bang nie.

* Kry iets om jou aandag af te lei, soos ’n nuwe boek of ’n lekker speellys van liedjies vir jou foon of ’n televisiereeks of fliek. As jy besig is, sal die tyd omvlieg.

* Vertrou die tegnologie. Moderne vliegtuie is so ontwerp dat selfs die ergste rukwinde dit nie sal affekteer of beskadig nie. Jou kanse om in ’n ongeluk te wees is veel groter in ’n motor as in ’n vliegtuig.

  • Kulula.com bied vakansiepakkette landwyd en selfs na plekke soos Mauritius en die Victoria-waterval aan. Besoek die webwerf en kyk onder Kulula Holidays.
Meer oor:  Kulula.Com  |  Feestyd  |  Vlieg  |  Vliegfobie  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.