Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Wesies word hier vriende

By die private wildtuin Shamwari word wees en beseerde diere gerehabiliteer sonder om afhanklik te word van mense, skryf Jana Smit.

Die weesrenostertjie en sy skaapvriend, Jeremiah, wat grootgemaak word by die nuwe sentrum.

’n Vlakvark wat grootgemaak word saam met sy varkvriend, ’n skaap wat ’n weesrenostertjie geselskap hou en ’n “mense-ma” wat by ’n brandmaer olifantjie waak. Dís die tipe van tweede kans wat die nuwe rehabilitasiesentrum by die Shamwari- private wildtuin by Paterson in die Oos-Kaap aan afvlerk-diere bied.

Volgens Joe Cloete, uitvoerende hoof van Shamwari, is die nuwe fasiliteit so ontwerp dat die diere gerehabiliteer word sonder dat hulle gewoond en afhanklik raak van mense. Daarom kan hulle uiteindelik weer in hul natuurlike habitat vrygelaat word en self oorleef.

Die span veeartse en kundiges wat die siek-, wees of beseerde diere behandel en oppas, doen dit op so ’n manier dat dit nie eens nodig is om hulle voortdurend te monitor ná vrylating nie.

’n Splinternuwe wildlewe-rehabilitasiesentrum is onlangs by Shamwari Bush Lodge geopen. Op die pilare word die aantal bedreigde diere aangedui, asook hoeveel van hulle wêreldwyd oor is. Foto’s: Jana Smit

Ontmoet die gelukkiges

Tog kry besoekers aan Shamwari die geleentheid om die diere van naderby te sien. Die sentrum beskik oor besigtigingsdekke met houthortjies waardeur ’n mens kan kyk. So kan jy die diere sien, maar hulle is nie bewus of gesteur deur jou nie.

In een kamp wei twee olifante, Amara en Stella.

Met Amara se aankoms, was sy net vel en been. Só bekommerd was personeel oor haar dat iemand saans by haar geslaap het.

Ses maande later het Stella gearriveer.

“Olifante het ’n emosionele verbinding nodig,” sê Johan Joubert, die sentrum se veearts.

Suksesstories by Shamwari is volop. Een is van ’n sewe maande oue vlakvark wat op 2 Januarie oortrek met ’n parasitiese velsiekte by die reservaat aangekom het. Hy is op hawermout en ProNutro gesond en grootgemaak.

Megan Sinclair, bestuurder by die rehabilitasiesentrum en ’n veeartsenykundige verpleër, sê die vlakvark is saam met ’n mediumgrootte vark in ’n hok gesit vir sosialisering, totdat die vark uiteindelik te groot was.

’n Skaap met die naam Jeremiah, bly weer in ’n hok saam met ’n weesrenostertjie, wie se ma deur stropers doodgemaak is.

John O’Brien, ekoloog by Shamwari, sê langtermyn-volhoubaarheid is hul filosofie. “Die enigste volhoubare inkomste vir bewaring is bewaring,” sê hy.

Besoekers aan Shamwari kan deur houthortjies kyk na die diere wat by die reservaat behandel word, sonder om die diere te steur.Foto: Jana Smit

Nie almal is so gelukkig nie

In vyf skuilplekke in die Shamwari- private wildtuin word wilde katspesies wat nooit gerehabiliteer kan word nie ’n veilige hawe gebied. Hierdie diere, wat aangehou is as troeteldiere of in sirkusse gebruik is, sal nooit self in die wildernis oorleef nie. By twee van die skuilplekke, bekend as die Born Free-opvoedkundige sentrums, kan besoekers meer leer oor dié groot katte.

  • Suid-Afrikaners kry in Augustus 30% afslag wanneer hulle Shamwari besoek.
Meer oor:  Shamwari  |  Beseerde Diere  |  Private Wildtuin  |  Gerehabiliteer  |  Wees Diere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.