Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Weskus-skiereiland is propvol verrassings

As jy jou in hierdie deel van die Weskus bevind, kan jy maar weet dat emmersvol opwinding en die mooiste see-uitsigte jou voorland is. Tasneem van Rooyen lap al die skiereiland se besbewaarde geheime uit.

Maak gerus dié plekke en besienswaardighede deel van jou reisplan:

Paternoster is prentjiemooi! Foto: Belinda Jackson

1. Langebaan

Die Weskus Nasionale Park is pragtig en die perfekte plek om die natuur te verken. Daar is verskeie aktiwiteite vir die hele gesin om te geniet, soos bergfietsroetes, kajakroei en vele meer. Besoek sanparks.org vir meer inligting.

Sunnypark bied al die afgelope 30 jaar pretaktiwiteite vir ’n ieder en elk aan. Hier kry jy waterglybane, verfbal, braaigeriewe en baie meer. Skakel 082 379 0450 vir meer inligting.

Thali Thali Game Lodge het die perfekte ontspanne Weskus-atmosfeer. Daar is verskeie wildsoorte soos springbok, koedoe en sebra. Daar is ook bed-en-ontbyt-geriewe en jy kan die lodge selfs as ’n troulokaal gebruik. Vir meer inligting, skakel 082 372 8637.

Die Langebaan-kunsroete bied ’n verskeidenheid uiters talentvolle kunstenaars met besonderse Weskus-kreatiwiteit. Van skilderye tot tekeninge en beeldhoukuns. Besoek hul webtuiste by langebaanartroute.co.za.

Besoek Sunnypark in Langebaan vir ’n pret dag. Foto: Belinda Jackson

2. Paternoster

Beach Buggy Trips word deur Deon van Schalkwyk, ’n gemagtigde toergids, aangebied. Hy deel graag sy kennis en ervaringe op sy toere. Vir meer inligting, skakel 072 402 1829.

Die Cape Columbine-natuurreservaat en Tietiesbaaihet pragtige staproetes met ’n onvergeetlike sonsondergang. Vir meer inligting, skakel 022 752 2705.

Kayak Paternoster het ook luilekker roetes wat jy kan geniet. Skakel 083 795 4198 vir meer inligting.

Perdry is oop vir almal wat die mooie Weskus op ’n perd se rug wil verken. Strandroetes en piekniekmandjies is ook beskikbaar. Vir meer inligting, skakel 082 748 5596.

Die Paternoster-kunsroete gee jou die geleentheid om uitstekende kunswerke te sien en die kunstenaars te ontmoet. Besoek gerus hul Facebook-blad, Paternoster Art Route.

3. Saldanha

Saldanha Cultural Village & Museum se Hoedjieskop Museum bied fassinerende kusverhale en ander inligting oor die omgewing. Skakel gerus 022 714 2758 of 083 697 4897 vir meer inligting.

West Coast Oyster Growers lewer ongeveer drie miljoen oesters per jaar. Skakel 022 714 0321 vir meer inligting.

Jy kan baie van plant en tuinmaak leer by Scotts-kwekery. Foto: Belinda Jackson

4. Jacobsbaai

Die Pixie and Fairy Village is die nuutste toerismetrekpleister aan die Weskus. Dit is geskik vir oud en jonk. Gaan maak ’n draai by hierdie betowerende plek, dalk sien jy ’n feetjie of twee! Vir meer inligting, skakel 073 302 5835 of 022 715 3536.

5. Vredenburg

Playtime Indoor Play & Party Venue bied vet pret vir jou kleingoed. Skakel gerus 022 713 1301 vir meer inligting.

Scotts-kwekery het die beste inligting en raad oor plante en tuinmaak. Daar is ook ’n teetuin en dieretuin. Skakel 022 715 3016 vir meer inligting.

De Boom-oord het braaigeriewe, swembaddens, springkastele en ’n waterwurm vir jonk en oud. Vir meer inligting, skakel gerus 074 946 2410.

Jy moet die Weskus-fossielpark besoek as jy ’n voorliefde vir fossiele het – van bere tot kortnekkameelperde en ander eksotiese diere. Skakel die park by 022 766 1606 vir meer inligting.

Meer oor:  Namakwaland  |  Reis  |  Blomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.