Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Reis
Wynland een van top-10-bestemmings ter wêreld

Die Kaapse Wynland is een van Lonely Planet se toptien-bestemmings wat die beste waarde vir geld bied in 2020.

Die Kaapse Wynland. Foto: Verskaf

Dit het die agtste plek op die wêreldwye toerismeplatform se webwerf in dié kategorie behaal danksy sy natuurlike skoonheid en wynkelders van wêreldgehalte.

Lonely Planet skryf die Wynland is net ’n kort reis ver van die “fantastiese kosstad Kaapstad”.

“Die land se wynstreek is gesentreer om die historiese dorpies Franschhoek en Stellenbosch. Die werklike aksie hier is by die wynkelders en fantastiese restaurante wat die pragtige landskap op die platteland vertoon. U sal nie olifante vind wat om die wingerde rondsnuffel nie, maar u sal goedkoop wynproe-toere kry, gevolg deur luilekker wêreldklas-middagetes wat saam met heerlike plaaslike wyne bedien word.”

Die volledige lys van bestemmings in dié kategorie is:

1. Die provinsie Oos-Nusa Tenggarra in Indonesië.

2. Boedapest, Hongarye.

3. Die staat Madhya Pradesh in Indië.

4. Buffalo, in die staat New York in Amerika.

5. Azerbeidjan.

6. Serwië.

7. Tunisië.

8. Kaapse Wynland in Suid-Afrika.

9. Athene, Griekeland.

10. Zanzibar in Tanzanië.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese geleenthede, het die aankondiging verwelkom en sê die Wynland is ’n wêreldklas-toerismeattraksie.

“Ons is trots om deur Lonely Planet erken te word.”

Tim Harris, Wesgro se uitvoerende hoof, sê hy sien daarna uit om vanjaar die Wêreldreismark in Londen by te woon, waar die toekenning gemaak sal word.

“Ek sien uit daarna om hierdie wonderlike nuus met die reisbedryf wêreldwyd te deel, om te verseker dat nog meer mense die ongeëwenaarde skoonheid van ons provinsie ervaar. Die Kaapse Wynland het sy merk as ’n bestemming in die Wes-Kaap gemaak en ek is positief dat hierdie toekenning toerisme na dié streek sal help bevorder.”

Elna von Schlicht, uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, sê die Wynland bied uitgestrekte oop ruimtes, gasvrye mense, fauna en flora, ’n landbousektor, ’n uitstekende wynbedryf en geleenthede vir groot avontuur. Hier is “ ’n duisend dinge om te doen en dan ’n bietjie wyn”.

Meer oor:  David Maynier  |  Bestemmings  |  Toeriste  |  Wynland  |  Lonely Planet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.