Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Bewoording op kondoompakkie ‘misleidend’

In ’n poging tot woordspeling het ’n kondoomvervaardiger ’n verpakking met ’n dubbelsinnige boodskap vervaardig.

Op die verpakking is ’n tekening van ’n oliebol (doughnut) gevolg deur die woorde “go further without consent”.

Die tekening was veronderstel om as “do not” gelees te word – “do not go further without consent”.

Verbruikers het hulle tot sosiale media gewend om hul skok oor die potensieel misleidende bewoording uit te spreek.

Tucker Reid het getwiet: “Nuwe kondoomverpakking. Sal ’n dronk mens die woordspeling verstaan of sien ‘GO FURTHER WITHOUT CONSENT?’ Verder word dit ‘doughnut’ gespel, nie ‘do not’ nie.”

Die vervaardiger, Say It With A Condom, vervaardig ’n reeks kondome met bewoording en boodskappe op die verpakking, onder meer “Consent is asking every time”, “Consent is sexy” en “Silence is not concent”.

In reaksie het Benjamin Sherman wat Say It With A Condom begin het, aan Cosmopolitan gesê dat hulle voortaan die publiek se mening oor nuwe ontwerpe op sosiale media sal vra.

Hy het verduidelik dat die bewoording wel misleidend was, maar bygevoeg dat hy bly is dat die belangrike kwessie van toestemming voor seks hierdeur in die publieke domein geplaas is.


Meer oor:  Seks  |  Verpakking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.