Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Blac Chyna gespot oor haar ‘aksies’ in seksvideo

’n Seksvideo met Blac Chyna, ’n Amerikaanse model en entrepreneur, is uitgelek en word sedert Maandag op sosiale media gesirkuleer.

In die grafiese beeldmateriaal kan gesien word hoe die 29-jarige ’n seksdaad uitvoer, berig The Sun.

Die realiteitster, Blac Chyna.

Volgens Mail Online word die video sedert Maandag op Twitter en ander aanlyn platforms gesirkuleer.

Haar prokureur, Walter Mosley, het aan US Weekly gesê die uitlek van die video is ’n misdaad en die polisie ondersoek die saak. Chyna gaan regstappe doen.

Mail Online berig dat die 24-jarige rapper Mechie, ’n eks van Chyna, homself as die man in die video geïdentifiseer het. Die private video is glo in Julie opgeneem toe hulle nog ’n paartjie was.

Hoewel hulle sedertdien uitmekaar is, sal hulle moet saamspan as hulle die skuldige wil vasstrek, berig Mail Online.

’n Woordvoerder van Chyna, Lisa Bloom, het ’n boodskap oor “wraak-pornografie” getwiet en noem die uitlek van die video “’n vorm van huishoudelike geweld”.

Mosley het aan People gesê dit is te vroeg om die voorval as “wraak-pornografie” te verklaar en bygevoeg dat die bron van die uitlek van die video onbekend is.

Chyna, wat baie sigbaar in die video is, word meestal oor haar aksies daarin gespot.

Nóg ’n ekskêrel, Rob Kardashian, het in 2017 ook ’n intieme video van hulle twee op Instagram gedeel. - TMZ

Meer oor:  Blac Chyna  |  Vermaak  |  Uitlek  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.