Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Dié sekspo groter, beter, stylvol

Die Love Sex Expo, die eerste “stylvolle tentoonstelling in sy soort”, word in Oktober in Pretoria aangebied.

Volgens Guy Lazarus, woordvoerder, verskil dit egter van vorige soortgelyke sekspo-tentoonstellings.

“Nie net sal dit groter en beter wees nie, maar ook stylvoller as dié waaraan Suid-Afrikaners oor die afgelope paar jaar gewoond geraak het.”

Die sekspo, wat oor vier dae in Oktober strek, gaan prettig wees sonder om mense onnodig aanstoot te gee en daar gaan kenners wees wat werksessies oor allerlei seksverwante onderwerpe sal aanbied.

“Ek dink die kombinasie van vermaak en opvoedkunde gaan almal verras. Verskeie vermaaklikheidsterre, ontkleedansers en komediante gaan besoekers op hul tone hou terwyl hulle deur die verskillende stalletjies snuffel, wat enigiets van produkte tot sexy onderklere verkoop.

“Geen sekspo is ook volledig sonder die unieke talente van die Australiese kunstenaar Pricasso, wat sy vaardighede aan plaaslike aanhangers gaan ten toon stel nie,” sê Lazarus.

Die Australiese kunstenaar Tim Patch, oftewel Pricasso, verf met onder meer sy penis, skrotum en agterstewe.

* Die Love Sex Expo vind van 10 tot 13 Oktober by Time Square in Menlyn, Pretoria, plaas. Weens die aard van die tentoonstelling, word mense jonger as 18 jaar nie toegelaat nie.

Meer oor:  Guy Lazarus  |  Pretoria  |  Sekspo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.