Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Dít moet jy nie in die bed doen nie
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Luidens ’n nuwe studie is mans wat in die bed oor hul seksuele vermoëns spog nie so aantreklik soos hulle mag dink nie. Inteendeel vind baie vroue dit afstootlik.

Die navorsing deur wetenskaplikes aan die Universiteit van Michigan in Amerika is in die Journal of Sex Research gepubliseer.

Volgens prof. Sari van Anders, studieleier, kan mans die oomblik bederf deur dit oor hulself te maak en te vertel hoe briljant hulle in die bed is.

Die navorsing wys dat mans dikwels hul gevoel van manlikheid grond op hoe goed hulle dink hulle in die bed is. Die wetenskaplikes het 810 mans oor hul seksuele gewoontes uitgevra en hoe manlik hulle voel wanneer ’n vrou ’n klimaks bereik, berig The Sun.

Mans wat onseker voel oor hul manlikheid het aangedui dat dit hulle meer manlik laat voel en hul ego’s ’n hupstoot gee. Hoewel dit hulle laat beter voel, geld dieselfde nie vir vroue nie, aangesien dit nie positief ervaar word wanneer ’n man die oomblik wat oor die vrou gaan, die fokus op homself plaas nie, sê die navorsers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.