Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Erotiese album ‘verlei al jou sintuie’
Die omslag van die album ‘Musiek vir die Maangodin’, die eerste erotiese album wat in Afrikaans opgeneem is. Foto: Facebook

Die lirieke herinner aan ’n hygroman. Suggestief, eroties, maar tog laat dit iets vir die verbeelding oor.

“Vuurdans” se woorde draai nog lank ritmies deur jou kop wanneer die musiek stil word.

Die drom en die vuur skep

metrum binne my

wat lank na die stilte

in my lyf agterbly

dit pols deur my are

en dit draai in my kop

jou hande op my lyf

stuur my bloed op galop.


Annelise Erasmus, wat bekend is as skrywer van erotiek en die boeke ‘Maanvrug’, ‘Weerloos’ en ‘Slavin’.Foto: Facebook

Dit vorm deel van die album Musiek vir die Maangodin, die eerste erotiese album wat in Afrikaans opgeneem is.

Die idee vir dié album deur die Dirk Ace Maangodin Ensemble het ontstaan toe sy en Dirk Ace een aand laat gesit en gesels het, vertel Annelise Erasmus.

“Die maan se strale het op ons geval en die sterre het waarskynlik in die regte patroon gaan lê, want dit was asof die album net bedoel was om te gebeur.”

Dirk (ook bekend as Daggadirk) het die musiek en verwerking behartig en vier van die liedjies se lirieke geskryf. Erasmus het die res van die lirieke geskryf.

Ace is bekend in musiekkringe vir sy betrokkenheid by die Voëlvrykonserte in die jare 80, asook Oppikoppi, terwyl hy ook ’n musikant en vervaardiger is.

“Hierdie is die eerste CD van sy soort waarmee ons ’n nuwe genre tot stand wil bring, sê Erasmus. “Die musiek op die album verlei al jou sintuie terwyl jy iemand verlei of deur iemand verlei word.

Elke liedjie het ’n storie wat in die fynste besonderhede op die album se webtuiste vertel word.

Dirk Ace (Daggadirk) is bekend in musiekkringe as musikant en vervaardiger. Foto: Facebook

Oor Vuurdans skryf Annelise: “Dit is donkermaan en die nag is pikswart agter ons rûe. ’n Effense windjie ritsel deur die bome. Voor ons lek die groot vuur se vlamme aan die donker lug. Die San-dansers het net velletjies om hulle lende en om hulle enkels ratel kokonne van mopaniewurms wanneer hulle voetstamp. Wit krale gemaak uit volstruiseierdoppe om hulle polse en nekke vang die lig van die vuur.

“Ons beweeg in ’n groot sirkel om die vuur en ek konsentreer op die slag van die dromme en probeer om aan niks anders te dink nie. Iemand gee vir my ’n bos laventel wat in ’n bondel saamgebind is. Dit smeul – ek asem die soet rook in en draai in die rondte sodat dit saam met my romp om my kring. My kop voel lig en my voete voel asof dit ’n lewe van hulle eie begin kry. Om en om dans ons op die primitiewe ritme terwyl die San hulle skeppingsverhale en legendes praatsing. 

“Kobus dans nou agter my. Van die mense het reeds weer langs die vuur gaan sit om te rus of te help musiek maak. Die energie om die vuur word hoër soos die vlamme ook telkens groei wanneer iemand dit voed. Die ritme van die dromme versnel. Alles word één in ’n groot sirkel van polsslag en laventelrook en hitte. Kobus se energie haal my van agter af in en lig my hoër. Ek is nie meer selfbewus nie. Ek is ’n slaaf van die dans en dit voer my weg . . .

* Die album is deur Ace en Erasmus onder die Godin Onbeperk- en Ace Angel Music-handelsname vervaardig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.