Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
FOTO'S: ‘Besoek seks-ekspo met ’n oop gemoed’

Die Australiese skilder Pricasso is net een van talle kunstenaars wat groot vermaak verskaf by geleentheid van ’n prikkelende uitstalling wat dié naweek in Pretoria gehou word.

Die eerste Love Sex Expo het reeds Donderdag in die Sun Arena begin en duur tot Sondag.

Pricasso, of dan Tim Patch, is een van die groot trekpleisters.

Dié 70-jarige oupa van ses verf die afgelope 15 jaar, nie met ’n kwas nie, maar in skrapse klere met sy penis. Teen ’n bekostigbare prys kan besoekers gaan sit om hul portret te laat verf.

Die kunstenaar Pricasso poseer saam met Roulene en Jaco Bonthuys van Middelburg. Voor is die portret wat hy van hulle geverf het. Foto: Deaan Vivier

“Hy is verskriklik talentvol. Ek kan nie eens met ’n kwas so verf nie,” sê Jaco Bonthuys, wat Vrydag saam met sy vrou, Roulene, van Middelburg in Mpumalanga gekom het om die uitstalling te besigtig.

Roulene sê besoekers moet die uitstalling met ’n oop gemoed besoek.

“By die verhoog het een van die tannies kwaad geraak vir haar man omdat hy na een van die ontkleedansers gekyk het. Maar dis nie hoe dit moet wees nie,” sê Roulene.

Buiten Pricasso is daar ook ander internasionale kunstenaars wat optree, onder andere die Feul Girls, wat ontkleedanse met vlamme uitvoer en ook sensuele optredes deur die Burlesque-dansers.

Pricasso in aksie. Foto: Deaan Vivier

Daar is ’n groot aantal stalletjies wat allerlei produkte verkoop wat die liefdeslewe kan opkikker. Nie alles is egter sakpas nie. As jy ’n seksrobot wil koop, sal dit jou tot R80 000 uit die sak jaag.

Anneke, ’n verkoopsvrou van Futuristico wat nie haar van genoem wil hê nie, sê die duurste seksrobot kom kompleet met Wi-Fi en kan daarom praat en vrae beantwoord. Die goedkoper seksrobotte kan nie praat nie en die prys verskil na gelang van watter takies die robot kan verrig.

Die robotte word uit China ingevoer.

Die ekspo hou ook werksessies waar praatjies oor seks gehou word, en het ontkleekamers, tentoonstellings en ’n “liefdeskapel” waar paartjies kan trou.

Teta, ’n lid van die Fuel Girls uit Brittanje, vermaak die besoekers op die Love Sex Expo.Foto: Deaan Vivier

“Ons het reeds een paartjie gehad wat Donderdag getrou het en daar is ’n klomp afsprake vir die naweek,” sê Linda Guldemond, die organiseerder.

“Die uitstalling is smaakvol en so beplan dat mense veilig voel. Hoeveel pret jy gaan hê, hang af van jouself,” sê sy.

Jared, hoof van Luvland, wat seksspeelgoed verkoop, sê sy produkte verkoop soos soetkoek.

“Daar is seker ’n stigma, maar daai stigma gaan verlore met ’n gebeurtenis soos dié. Almal is hier om dieselfde rede, om te eksperimenteer en pret te hê,” sê hy.

Teta, ’n lid van die Fuel Girls uit Brittanje, vermaak die besoekers by die Love Sex Expo in Pretoria. Vertonings vind elke uur op die verhoog plaas. Foto: Deaan Vivier
Scarlet Moon van die Tré Magnifiqué Burlesque Revue dans vir die besoekers op die Love Sex Expo.Foto: Deaan Vivier
Meer oor:  Time Square  |  Sun Arena  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.