Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
‘Middag-vreugde’ beste vir jou sekslewe
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Jy weet reeds dat jou hormone ’n groot invloed op jou sekslewe het, maar ook op die gevoelens wat jy ná die tyd ervaar.

Hormoonvlakke styg en daal deur die dag en wanneer ’n mens joune met jou maat s’n kan sinchroniseer, kan julle die genotvolste seks nog ervaar, het die hormoonkenner Alisa Vitti in ’n onderhoud aan The Daily Mail gesê.

Die kinkel in die kabel is dat 15:00 in die middag volgens Vitti die beste tyd is om intiem te verkeer. Sy beskryf dit is “middagvreugde”. Dit is egter ook die tyd van die dag wanneer die meeste mense by die werk is.

Die hormoon kortisol piek hierdie tyd van die dag by vroue en maak hulle meer energiek en wakker. Mans se estrogeenvlakke styg terselfdertyd wat hulle meer emosioneel teenwoordig maak tydens seks.

Vitti, skrywer van die hormoongids WomanCode, sê die geheim tot ’n bevredigende sekslewe is om ’n manier te vind om ’n paartjie se libido’s te sinchroniseer.

As 15:00 in die middag uit is soos vleis in ’n hondehok, kan jy vroeg- tot midoggend probeer wanneer mans se testosteroonvlakke – wat tydens slaap geproduseer word – die hoogste is. Vitti sê dat mans in hierdie venstertyd meer in staat is tot ’n beter seksuele reaksie.

Die beste tyd van die maand om seks te hê is ongeveer tien dae ná ovulasie, wanneer vroue groot hoeveelhede estrogeen en testosteroon afskei en hul seksuele begeerte hoog is, sê sy.

Meer oor:  Seks  |  Hormone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.