Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
‘Nagloed van seks duur 48 uur’
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Seks met jou maat kan jou nog 48 uur lank laat goed voel, wat veroorsaak dat mense gelukkig en tevrede voel in ’n verhouding, wys nuwe navorsing.

Hoewel dit bekend is dat die hormoon oksitosien – wat ’n belangrike rol speel om ’n sterk band tussen mense te bou – tydens seks afgeskei word, was dit tot nog toe onbekend hoe lank die warm gevoel aanhou. Die navorsers beskryf hierdie gevoel as die nagloed van seks.

Om uit te vind, het navorsers aan die Florida State-universiteit in Amerika 214 pasgetroude paartjies gevra om twee weke lank ’n seksdagboek te hou.

Hulle moes neerskryf hoe dikwels hulle seks het en hoe hulle oor hul verhoudings voel. Die paartjies is ses maande later gevra om weer hul verhoudings te evalueer.

Die positiewe gevoel blyk ongeveer dieselfde tyd te duur as wat dit neem vir optimale spermkonsentrasie om te herstel.

Gevoelens van intimiteit en tevredenheid binne die verhoudings het aangedui dat die positiewe gevoel ná seks twee dae lank aanhou, maar teen die derde dag afneem, het die sielkundige wetenskaplike en studieleier dr. Andrea Meltzer aan The Telegraph gesê.

“Dit is die eerste navorsing om die gehalte, tydsduur en voordele van nagloed van seks te ondersoek, sê Meltzer.

“Die positiewe gevoel blyk ongeveer dieselfde tyd te duur as wat dit neem vir optimale spermkonsentrasie om te herstel.

“Mense wat sterker positiewe gevoelens ervaar – langer as 48 uur ná seks – het ook maande later groter tevredenheid in hul verhoudings ervaar.”

Die navorsers wys egter daarop dat die paartjies in die studie almal in hul twintigs en heteroseksueel was, maar dat nog navorsing nodig is in ouer, sowel as gay paartjies.

Hulle beplan ook om die verband tussen die positiewe gevoel ná seks en paartjies se getrouheid aan mekaar te ondersoek.

“Die bevindings dui daarop dat seks in die langtermyn verbind kan word met die gehalte van ’n verhouding deur die gevoelens van seksuele bevrediging wat nog ’n tyd lank aanhou,” sê Meltzer.

Die navorsing is in die joernaal Psychological Science gepubliseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.