Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Pil wat jeuk terugbring ook nou vir vroue

’n Nuwe pil wat ’n vrou se seksdrang aanwakker, is in Amerika bekend gestel.

Dit is egter nie ’n “vroulike Viagra” nie. Addyi is slegs op voorskrif beskikbaar om vroue met ’n lae seksdrang te help. Dit is sover vasgestel kan word nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.

So lyk die houertjie van Addyi.

Volgens  die webwerf Addvi.com is die pil gemik op vroue met ’n lae seksdrang, wat nie deur menopouse gaan nie. Dit is ook vir vroue wat nie in die verlede gesukkel het met seksdrange nie en wat ’n lae seksdrang ontwikkel het, ongeag die soort seksuele aktiwiteit, die situasie of die mens met wie hulle seks het.

Cindy Eckert, ’n Amerikaanse entrepreneur wat volgens Wikipedia twee farmaseutiese maatskappye opgebou en toe verkoop het, het die pil ontwikkel, maar die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) het dit twee keer verwerp. Dit is vir die eerste keer in Junie vanjaar beskikbaar gestel.

In ’n video op nowthisnews.com  sê sy dat daar vroeër 26 goedgekeurde pille vir een of ander vorm van manlike seksuele disfunksie was, maar geen vir vroue nie.

Toe Viagra destyds goedgekeur is, is dit vinnig hanteer sodat dit goedgekeur kon word. Dit is nodig dat dieselfde aandag gegee word aan dié soort hulp vir vroue, sê sy in die video.

Dit is ’n voorgeskrewe nie-hormonale pil wat elke aand voor slapenstyd geneem moet word. Addyi werk aan die deel van die brein wat betrokke is by seksuele motivering en reaksie.

Meer oor:  Amerika  |  Pil  |  Aanwakker  |  Vroue  |  Seksdrang  |  Bekendgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.