Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Poppe sal jou anders na seks laat kyk
Die sekspop is deur Sergi Santos, ’n ingenieur, gemaak. Sy beskik oor kunsmatige intelligensie wat jou in staat stel om seks met haar te hê. Foto: Reuters

’n Sekspop wat 50 seksposisies kan uitvoer?

Jy het reg gelees – opblaaspoppe is ’n ding van die verlede en seksrobotte is die toekoms as jy nie meer ’n bedmaatjie het nie.

Kunsmatige intelligensie (AI) maak reeds wêreld op die seksmark opslae en bring daarmee ’n rewolusie in robotsekstegnologie wat seksuele bevrediging met ’n menslike aanraking gee.

In ’n verslag oor die groeiende mark in seksrobotte sê die Stigting vir verantwoordelike robotika tegnologie het reeds tot die skepping van “android-liefdespoppe” gelei.

Jy kan tot die tepelvorm en die kleur van jou robot se skaamhare kies.

Dit sal jou tussen $5 000 en $15 000 kos.

Sal hierdie robotpoppe ’n nismark wees? Of sal hulle maatskaplike norme verander en wyer aanklank vind?
Prof. Noel Sharkey

Luidens die verslag veroorsaak die toename in lewensgetroue robotte dikwels komplekse probleme wat deur beleidmakers en die publiek oorweeg moet word. Dit sluit in of die gebruik van sulke toestelle aangemoedig moet word in seksuele terapie-klinieke, vir seksuele oortreders of vir mense met gestremdhede.

Noel Sharkey, ’n professor in kunsmatige intelligensie en robotika aan Brittanje se Sheffield-universiteit, sê dit is moeilik om te voorspel hoe ver of vinnig die mark sal groei, of wat die uitwerking daarvan op die samelewing in die toekoms sal wees.

“Sal hierdie robotpoppe ’n nismark wees? Of sal hulle maatskaplike norme verander en wyer aanklank vind?”, het hy by ’n mediakonferensie gevra. “Hoe sal (seks met ’n robot) dieselfde wees aan ’n werklike menslike intieme verhouding?”

Die verslag het ook gekyk na sommige van die mees omstrede kwessies. Akademici, lede van die publiek en mense in die seksbedryf is gevra of seksrobotte nuttig kan wees om seksuele misdade te verminder.

Daar is absoluut voordele vir die tegnologie, maar soos met alles, is balans nodig.
Dr. Aimee van Wynsberghe

Kommer is uitgespreek dat seksrobotte die persepsie dat vroue soos ’n objek beskou word, kan verhoog. Daar is ook kommer oor hoe hierdie sekspoppe persepsies oor toestemming vir seks kan verander en hoe hulle gebruik kan word om begeertes, wat andersins onwettig sou wees, te bevredig.

“Daar is absoluut voordele vir die tegnologie, maar soos met alles, is balans nodig. Jy moet ’n balans tref tussen die gebrek aan regulasie – of jy het oormatige regulasies en jy verhoed die tegnologie,” sê dr. Aimee van Wynsberghe, assistentprofessor in etiek en tegnologie aan die Tegniese Universiteit van Delft. –Reuters, The Guardian

Meer oor:  Seks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.