Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Seksgids vir voller figuur uitgereik

Elle Chase, ’n Amerikaanse seksopvoeder en aktivis vir ’n positiewe liggaamsbeeld, het ’n seksgids vir vroue met ’n voller figuur die lig laat sien.

Die boek, Curvy Girl Sex, het ten doel om vroue met kurwes te help om hul sekslewe te verbeter, het Chase aan The Independant gesê.

“Die boek is gemik op enigiemand wat meen dat hulle ’n voller figuur het – meer prominente boude, groter borste, ’n ronder maag ensovoorts. Die raad in die boek kan egter deur maer vroue, gespierde vroue, vroue wat sukkel met mobiliteit en selfs swanger vroue toegepas word.”

Volgens Chase verwelkom die boek ’n deel van die samelewing wat in die verlede uitgesluit is by gesprekke oor seks.

“Die grootste gedeelte van die gesprek oor seks, asook raad en navorsing, is op ’n spesifieke liggaamsbou gegrond. Gesonde, gelukkige sekslewens is nie ‘een grootte pas almal’ nie.”

Sy meen alle mense is inherent sexy. “Ons word as seksuele wesens gebore en dit is iets binne ons wat nie weggeneem kan word nie. Om te sê dat iemand ’n sekere voorkoms moet hê, op ’n sekere manier moet optree of op ’n sekere manier moet praat om ’n gesonde, bevredigende sekslewe te hê, is diskriminasie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.