Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Tieners te besig met speletjies om seks te hê
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Ouers in New York is dalk bekommerd dat hul tieners seks het, drink en rook, maar dit blyk dat die kinders veel meer geïnteresseerd is in slimfone en videospeletjies soos Pokémon and Grand Theft Auto, lui die resultate van ’n opname.

Bykans die helfte (45,6%) van die tieners wat aan die opname deelgeneem het, bring minstens drie uur per dag voor ’n rekenaar of met videospeletjies deur, luidens die federale sentrum vir siektebeheer (CDC).

In 2005 het hierdie syfer op 28,1% gestaan en in 2013 op 41,8%, berig die New York Post.

Terselfdertyd stel al hoe minder tieners in die stad belang in seks, drank en sigarette.

Die persentasie van hoërskoolkinders wat al seks gehad het, het van 31,2% in 2013 tot 27,2% geval. Dit is die laagste wat hierdie syfer nog was sedert die CDC in 1997 begin het om opnames onder kinders van gr. 9 tot gr. 12 te doen.

Net 20,9% van die kinders sê dat hulle in die voorafgaande 30 dae alkohol gedrink het. Dit is heelwat minder as die 41,8% in 2001 en 24,7% in 2013.

Die rook van sigarette wys ook ’n definitiewe afname, hoewel 15,9% van tieners sê dat hulle nou e-sigarette gebruik.

Die afname in die rook van tabak word toegeskryf aan omvattende tabakbeheermaatreëls, asook die stygende prys van tabak.

Gesondheidsowerhede in New York sê met die maklike toegang tot die internet en beskikbaarheid van mobiele toestelle is die nie verrassend dat kinders meer tyd aan videospeletjies bestee nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.