Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Verfilming van pornografie dalk tydelik gestaak
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Die handelsliggaam van die Amerikaanse pornografiebedryf het gevra dat filmproduksie tydelik gestaak word in die lig van vrese dat ’n akteur MIV/vigs opgedoen het.

Die Free Speech Coalition (FSC) het ’n waarskuwing uitgereik om die verspreiding van die virus te voorkom nadat ’n akteur wat op ’n databasis verskyn wat gebruik word om die gesondheid van akteurs te beskerm, ’n MIV-toets ondergaan het, berig The Independent.

’n Verklaring op die organisasie se webtuiste lui dat ’n voorkomende staking in produksie versoek word in die lig van die feit dat ’n akteur op dié databasis moontlik positief getoets het vir MIV/vigs.

“Ons vra dat die vervaardigers verfilming staak totdat ons al die feite kan bevestig. Ons sal ook proaktief enigiemand nader wat kontak gehad het met die akteur sedert sy laaste skoon toets.”

Die verklaring verseker ook werkers in die bedryf dat die staking in produksie nie beteken dat die virus versprei het nie.

Die pornografie-regtegroep The Adult Performer Advocacy Committee steun die staking in produksie.

“Ons sal in die volgende paar dae ’n verklaring uitreik oor of produksie vir ’n week of moontlik langer gestaak word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.