Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Seks
Xdolls se deure bly oop

Lede van die stadsraad in Parys, Frankryk, het ’n mosie verwerp wat ’n onderneming teiken waar kliënte €89 (sowat R1 295) betaal om ’n uur lank saam met ’n sekspop gemaak van silikoon deur te bring, berig die BBC.

Kommunistiese raadslede en feministiese groepe het ’n beroep op die stadsraad gedoen om die moontlikheid te ondersoek om die onderneming Xdolls se deure toe te maak.

Hulle voer aan dat Xdolls vroue verneder en dat dit in werklikheid ’n bordeel is.

Die besit of bedryf van ’n bordeel in Frankryk is onwettig.

Die polisie het die onderneming voor die raadsvergadering besoek en verklaar dat geen wette oortree word nie.

“Hierdie onderneming, met hiper-realistiese mensagtige poppe, is die jongste uitvinding om bordele terug te bring,” sê die kommunistiese raadslede Nicolas Bonnet Oulaldj en Hervé Begue in ’n verklaring.


Meer oor:  Parys  |  Frankryk  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.