Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Baan weg vir nuwe lewe

Winter is ’n goeie tyd om potplante te verplant en te laat herleef. Dit sal hulle ’n nuwe lewe gee sodat hulle in die lente hul beste vertoning kan lewer.
Voor: Dis hoe dit lyk as ’n roos te laag in ’n pot groei.

Of ’n tuin nou groot of klein is, daar is altyd ruimte vir potplante op die patio of as ’n fokuspunt in die tuin.

Aangesien dit jou tuin se middelpunt van belangstelling is, moet potplante nie verslons of afgeskeep lyk nie, veral plante soos rose, struike en klein bome in groot houers. Maar wat maak jy as hulle so effens afgemat begin lyk?

Die doyen van rose, Ludwig Taschner van Ludwig’s Roses, merk op dat hy op sosiale media gesien het dat talle mense probleme met rose in potte ervaar.

Nadat hy die foto’s van die rose bestudeer het, het hy besef wat skort: Die rose was te diep geplant, sommige was tot 15 cm diep onder die rand van die pot.

“Die rose is oorspronklik te diep geplant, of het deur die jare dieper en dieper in die pot ingesak,” sê hy. “Met te veel water, of reën in die somer is daar minder ruimte in die pot om te groei, minder suurstof en mikro-organismes, wat nie sonder genoeg suurstof verskillende elemente in die grond kan omskakel in voedingstowwe sodat die plant se wortels dit makliker opneem nie.”

Die plante kwyn en verloor hul onderste blare.

Ná: Gesond en geil – ’n herstelde roos vyf maande later.

Taschner gee die volgende raad vir sukkelende rose, maar dit werk ook vir ander potplante.

  • Knip die plant af of snoei dit met ’n derde om die spanning op die blare te verminder. Maak die grond om die pot se rand los. Lig die plant, wortelbal en al, maar sonder om die wortels te beskadig;
  • Gooi nuwe potgrond in die houer. Jy kan ook ’n koolstofgrondopknapper soos HumiGro byvoeg. Dis in korrelvorm beskikbaar­. Dit voed die mikrobes wat die voedingstowwe in die grond afbreek sodat die plante dit makliker kan opneem;
  • Vul die houer met genoeg nuwe potgrond en plant die roosboom of plant wat jy uitgespit het. Die plant se wortelbal moet gelyk met die houer se rand wees;
  • Gebruik StartGro, ’n vloeistof wat silika en ander mikro-elemente bevat om die spanning van die oorplanting te verminder.
  • Los 5 ml daarvan in vyf liter water op.
  • Plante met swak wortelontwikkeling kan behandel word met RootPro, ’n mengsel wat ’n natuurlike swam bevat wat voordelig is vir plante en help om patogene te vernietig en wortelontwikkeling aanhelp;
  • Gedurende die volgende maand of twee sal die nuwe potgrond natuurlik wegsak tot net onder die rand van die houer soos die nuwe grond en plant hul “wortels vind” en natgemaak word;
  • Potte wat gate in hul bodem het, moet ’n bietjie gelig word sodat die water kan uitloop en wegvloei;) Vetplante en rose hoef nie tans gevoed te word nie, want hulle is rustende. Ander blaarplante kan wel ’n hupstoot kry met ’n blaarvoeder soos MultiGro. Verdun dit met ’n dosis van 5 ml vir elke liter water en gebruik dan ’n spuitpomp vir goeie blaarbedekking;
  • Nog ’n manier om potplante (wat nie te diep onder die rand weggesak het nie) te verkwik, is om gate in die potgrond te maak.
  • Druk ’n hout- of metaalpaal in die pot en draai dit sodat dit ’n diep gat maak. Maak ’n paar.
  • Giet nuwe potgrond, gemeng met HumiGro-koolstofkorrels in die gate en skud die houer sodat dit insak.
  • Maak goed nat. Die nuwe potgrond­ voed die roos se wortels en die gate belug ook die potgrondmengsel.
  • Gebruik MultiGro­ wanneer jy die grond deurdrenk, of die blare bespuit.

Bronne: www.ludwigsroses. co.za en www.ecobuz.co.za.

Meer oor:  Tuinbou  |  Rose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.