Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Bring hemelruim na jou tuin

Moderne petunias is so lekker om te plant – en wat ’n ontploffing van kleur!

Die nuwe reeks petunias (novelty petunias) se helder kleure, versier met kolle, strepe, spikkels of sterre, straal ’n gevoel van geluk uit wat moeilik is om te weerstaan.

Selfs in normale tye is daar ’n behoefte aan uitbundige kleur; des te meer wanneer ’n mens in jou huis vasgekeer is, soos nou.

Die tydsberekening kon nie beter wees nie, want petunias groei graag in droë weer in die winter, lente en vroegsomer, sonder reën wat hul blomme bederf.

Die meeste nuwe variëteite, soos Night Sky, Lightning Sky, Baby Doll, Queen of Hearts en Fiesta, is basters wat geteel word vir kleiner tuine, potte en hangmandjies. Hul groei is netjies en kompak (sowat 35 cm hoog en breed) en die mediumgrootte blomme het ’n groter verdraagsaamheid vir nat weer, wat hul leeftyd tot byna die hele jaar verleng. Net twee of drie plante in ’n houer is genoeg om die aandag te trek.

Wat bydra tot dié nuwigheid is dat elke blom anders is en hul grootte en kleur word beïnvloed deur temperatuur en lig. Koeler dae en nagte bring byvoorbeeld die wit op die kroonblare uit en dra by tot die gespikkelde voorkoms.

‘Queen of hearts’ het ’n opvallende kombinasie van helderrooi kroonblare met geel strepe.

Night Sky is die eerste een in sy soort wat bekend gestel is. Dit het donkerblou tot pers blomblare, met wit spikkels soos sterre in die Melkweg.

Met die verspreidende rank wat tot 90 cm kan groei, is dit goed om dit in hangmandjies te plant, dit oor die rand van ’n houer te laat groei of as ’n grondbedekking te gebruik.

Lightning Sky lewer weer visuele vuurwerk. Donkerrooi, fluweelagtige kroonblare word verlig deur ’n sterwit middel, met vonke wit wat tot op die punt van die blomblare loop.

Dit is meer kompak, net 20 cm hoog en 40 cm breed, wat dit geskik maak vir vensterbokse, klein houers en as ’n tuingrens.

Baby Doll het die oulikheidsfaktor met sy skelpienk blomblare en wit polkakolle. Dit is ook netjies en kompak en sorg vir ’n vertoning in die tuin of op die patio.

Queen of Hearts is ’n opvallende kombinasie van helderrooi kroonblare met geel strepe.

‘Lightning sky’ se donker pruimpers-kleur lewer visuele vuurwerke.

Kyk na die rooi hart van die blom en dan sal jy die naam verstaan. Fiesta is soortgelyk, maar met donkerder, pruimrooi kroonblare en goue strepe. Die plante ontwikkel tot ’n afgeronde 40 cm hoë ontploffing van kleur. Dit is ideaal vir houers en in die tuin.

’n Ander nuwigheid is die Beautical-reeks, wat ’n kombinasie van calibrachoa en petunia is en die beste eienskappe van elkeen benut.

Die plante het ’n digte groei-gewoonte en groot blomme, maar met die oorvloedige calibrachoa-blom. Die plante is meer bestand teen skimmel en die blomme herstel vinniger ná reën as normale petunias sodat hulle tot die einde van die somer met pragtige blomme kan spog.

Dit is geskik vir gemengde houers op die patio, terras of balkon en in kleiner tuine.

Queen of Hearts - ’n opvallende kombinasie van rooi en geel.
Wat hou petunias gelukkig?

  • Plant petunias in vol oggendson. Moenie twee agtereenvolgende jare op dieselfde plek plant nie, aangesien plante deur swamsiektes soos Phytophthora, Pythium en Rhizoctonia aangeval kan word.
  • Voed weekliks met ’n vloeibare kunsmis soos Margaret Roberts Organic Supercharger of maandeliks met ’n korrelkunsmis soos Vigorosa vir gehalteblomme en ’n lang blomseisoen.

Dit is veral belangrik vir petunias in houers en mandjies.

  • Gebruik vars, nuwe potgrond. Was die houer uit en vul dit met nuwe potgrond. Ou potgrond kan siektes opdoen, en die mikro- en makro-elemente kon met die water uitgeloog geraak het.
  • As plante effens skraal is, sny hulle terug en versterk met Margaret Roberts Organic Supercharger.
  • Gee een of twee keer per week deeglik water en laat die grond matig uitdroog voordat jy dit weer natmaak. Petunias kan op minder water oorleef as wat ons dink.
  • Oorwatering kan swamsiekte veroorsaak, veral vir jonger plante.

Die plante lyk verlep; of hulle natgemaak moet word en die blare word effens geel.

Trek die plante uit, gooi hulle weg en behandel die res van die bedding met Copper Count om te keer dat hierdie grondoorgedraagde swam nie die ander plante besmet nie.

Besoek www.ballstraathof. co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Plant  |  Tuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.