Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Clanwilliam-veldblomskou is terug!
Een van die blomuitstallings op ’n vroeëre veldblomskou by Clanwilliam. Nadat die skou verlede jaar weens die droogte gekanselleer is, is dit danksy goeie reën vanjaar terug. Die feeskomitee verwag dat dit ’n goeie blomjaar sal wees.

Die Clanwilliam-veldblomskou is ná goeie reën terug nadat dit verlede jaar weens die droogte gekanselleer is.

Vanjaar se skou vind van Vrydag 23 Augustus tot Sondag 1 September plaas en die skoukomitee verwag luidens ’n mediaverklaring ’n baie goeie blomjaar.

Nagenoeg 350 plantspesies van die Cederberg-streek word hier uitgestal.

Skou-uitstallers bou ’n mensgemaakte landskap wat besoekers die geleentheid gee om plante te sien wat dikwels in afgeleë gebiede voorkom en moeilik bereikbaar is.

Die tema van vanjaar se Clanwilliam-veldblomskou is “Harmonie”. Hier word gefokus op die harmonie tussen verskillende groepe mense, die harmonie tussen die natuur en die mens, asook die harmonie tussen die natuur en landbou.

“Ons wil werk met die balans tussen mense en die natuur,” sê Ilse Saaiman, voorsitter van die skou.

Vanjaar se Clanwilliam-veldblomskou fokus ook op medisinale en eetbare plante.

Besoek clanwilliamwildflowershow.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Clanwilliam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.