Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Dis blomtyd in botaniese tuin!
Die waterval by die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Roodepoort. Foto: Felix Dlangamandla

Die watermassa wat oor die waterval stroom dien as ’n teken van nuwe lewe by die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Roodepoort.

Dit is omdat swaar reënval onlangs hier uitgesak het. “Die reën maak ons baie bly! Gedurende die wintermaande is die tuin maar vaal en droog,” sê Andrew Henckey, omgewingskundige by die botaniese tuin.

Henckey sê die parklandskap is nou besig om te verander as gevolg van die goeie reën.

“Daar begin nou kleur in die tuin kom ná die reën, en die waterval vloei weer in oorvloed.”

’n Kaapse kliplyster geniet die natuurskoon by die Walter Sisulu Botaniese Tuin in RoodepoortFoto: Felix Dlangamandla

Dis veral lelies wat vinnig begin blom, sê Henckey.

Die botaniese tuin se Witkruis-arend-broeipaar het ongelukkig nie Vrydag opgedaag vir Netwerk24 se besoek nie.

“Die vorige mannetjie het vroeër vanjaar tydens die broeiseisoen net verdwyn. Ons het gedink dat die wyfie die eiers gaan verwerp maar sy het nie,” sê hy.

Volgens Henckey het die wyfie nou ’n nuwe maat gevind. “Ten spyte van haar beste pogings om die kuikens teen hom te beskerm, het hy een vrekgemaak,” sê hy.

Die ander kuiken was reeds uit die nes.

Henckey sê daar is geen rede hoekom die broeipaar nie hul eie kuikens in die nuwe broeiseisoen sal grootmaak nie.

Gideon Grobler (9) speel in die water by die Walter Sisulu Botaniese Tuin. Grobler en sy gesin het al die pad van Postmasburg kom besoek aflê. Foto: Felix Dlangamandla
Die waterval by die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Roodepoort vloei sterk ná die reën. Foto: Felix Dlangamandla

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.