Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Doen jou deel met ’n plantjie

Toe die nasionale grendeltydperk op 23 Maart aangekondig is, het Plantimex, kwekers van binnenshuise plante, hulself met twee massiewe kweekhuise vol orgideë in volle blom bevind.

Net betyds vir Moedersdag: Blomme kan nou weer in supermarkte verkoop word.

Hulle het verkies om die oortollige voorraad te skenk eerder as om dit net tot niet te maak, en het besluit om ’n bietjie skoonheid in die lewe van senior burgers en nooddienswerkers te bring deur die plante aan aftreeoorde en ouetehuise, hospitale, Lancet-laboratoriums, polisiekantore en informele nedersettings soos Kroon Park aan die Wes-Rand te skenk.

“Die reaksie was ongelooflik hartroerend,” sê Ivo van Geest, bemarkingsdirekteur van Plantimex.

Ook die geleentheid om geld aan voedingskemas wat deur organisasies soos The Cradle of Hope en Golang Education Out­reach gedryf word, te skenk, het die Van Geest-gesin en eienaars van die LVG-groep maatskappye in die Wes-Rand tot die besef laat kom dat hulle op lang termyn by dié skemas betrokke wil raak.

“Ons wou ’n positiewe rol vir onsself in die grendeltydperk skep, een waarmee ons ook hierna sou kon voortgaan ter ondersteuning van minderbevoorregtes. Sodra die onmiddellike behoefte aan voedsel verby is, sal ons ook geld aan onderwys en gesondheid kan skenk, wat ’n ander groot behoefte is,” verduidelik Van Geest, wat optree as die familiewoordvoerder.

’n Organisasie sonder winsoogmerk (OSW) met die toepaslike naam Together we Bloom, is gestig om geld in te samel deur die verkoop van spesiaal geëtiketteerde blomme en plante. Die opbrengs hiervan sal gaan aan organisasies wat regstreeks met gemeenskappe in nood werk.

“Ons doel is om die hele tuinboubedryf te betrek, hetsy dit die kwekers van snyblomme, potplante, struike, beddingplante, bome of wat ook al is wat tuiniers koop,” sê Van Geest.

Die konsep is eenvoudig: Die verskaffers wat die inisiatief ondersteun, sal Together we Bloom-etikette koop wat hulle op produkte in hul tuinsentrums kan aanbring sodat mense kan weet dat deur dié spesifieke produk te koop, hy ook ’n bydrae maak.

Die geld wat ingesamel word uit die verkoop van die etikette gaan dan na die Together we Bloom-fonds, wat deur ’n ouditeursfirma en onafhanklike direksie bestuur word.

Van daar gaan die geld direk na kerke of ander OSW’s wat behoeftiges van kos voorsien en weet waar die grootste behoefte is, sê Van Geest.

Alice Coetzee

“Mense wil wéét waarheen hul geld gaan en dat dit in ’n werklike behoefte voorsien. As individue wil ons help, maar koop ons die kos wat mense eintlik wil hê? Daarom moet ons die organisasies wat op voetsoolvlak werk, ondersteun.”

Elke etiket kos R2,50, waarvan 23c die drukwerk dek, wat beteken dat dit meer as R2 per etiket in die OSW-fonds laat.

“Vir die verbruiker beteken dit dat as jy die etiket op ’n plant of ’n bos blomme sien, jy deel van die inisiatief kan wees, wetende dat geld alreeds gegaan het om honger en kwesbare mense te help.”

Die inisiatief is vandeesweek van stapel gestuur met die veiling van plante ter waarde van R100 000 deur die bekende tuinier Keith Kirsten by MultiFlora, die Johannesburgse blommemark, toe dit vir handel heropen het.

Die geld wat deur hierdie veiling ingesamel is, sal tussen The Cradle of Hope, Bethany House, Tower of Life en Golang Outreach in Zandspruit verdeel word.

Die plante is geskenk deur Plantimex, die bemarkingsafdeling van LVG-plante.

Meer oor:  Alice Coetzee  |  Tuine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.