Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Gaan groen om jou tuin te geniet

Of dit nou reën of nie, die beskikbaarheid van water is ’n probleem en dit verander die manier waarop baie tuiniers dink en optree.

Die onontkombare feit is dat plante water nodig het, selfs die droogtebestande plante. Maar wat van die plante waarvan ons hou, soos rose, varings, aronskelke en impatiëns, wat gereeld moet water kry?

Die manier om dit steeds in jou tuin te geniet, is om gryswater te gebruik, wat huishoudelike water herwin. Daar word geraam dat tot 60% van huishoudelike water in die drein afloop wat na die tuin kan gaan. Wasmasjiene is die grootste skuldiges, asook ons bad- en stortgewoontes.

Die beste gryswaterbronne is die stort, bad, wasbak, wasmasjien, spoelwater in die kombuis en selfs ’n skottelgoedwasser. Nie toiletwater nie, dit is swartwater wat nooit herwin moet word nie.

Dit sal beteken dat ’n mens na omgewingsveilige skoonmaakmiddels moet oorslaan, wat nie chloried, hoë sout, bleikmiddel of borium bevat nie. Daar is ’n toenemende verskeidenheid bio-afbreekbare was- en skottelgoedvloeistof, sjampoe en seep, wat in supermarkte beskikbaar is of aanlyn gekoop kan word by www.faithful-to-nature.co.za.

As jy ’n skottelgoedwasser gebruik, spoel die borde en eetgerei in ’n klein hoeveelheid warm water af om van die olie, vette en voedseldeeltjies ontslae te raak. As jy wasgoed doen, slaan die versagmiddel oor en voeg ’n halwe koppie asyn by die spoelsiklus.

Gebruik gryswater in die tuin

Hou jou rose met grys water aan die gang.

Gryswater kan op bykans alle tuinplante gebruik word, maar nie op grasperke nie, veral nie as troeteldiere of kinders daarop speel nie. Die aanwending van ’n growwe deklaag kan help om die gryswaterresidu te filtreer.

Groente en kruie wat met gryswater natgemaak is, moet voor gebruik goed afgespoel word. Die veiligste manier om gryswater te gebruik, is om die grond te deurdrenk en dit van blare en vrugte weg te hou. As jy twyfel, gebruik dit slegs vir groente wat geskil word.

Ludwig Taschner van Ludwig’s Roses en Jenny Slabber van Talborne Organics beveel aan dat gryswater een keer per week met munisipale water gemeng word om die oorskot van gryswater af te spoel.

In die reëntyd is dit miskien nie eens nodig om munisipale water te gebruik nie.

“Verdunning is die oplossing,” sê Jenny en sy stel voor dat reënwater in die gryswatertenk ingelei word.

Hoewel gryswater tipies alka­lies is, kan tuiniers dit ook op plante wat suurgrond geniet, soos asaleas en Krismisrose, gebruik. Ludwig se raad is om Vigorosa (wat humiensuur bevat) te gebruik om dit teen te werk.

Nog ’n voordeel is dat die seep­inhoud plae kan verminder, veral plantluise.

Spoel groente wat met gryswater besproei word goed af.

Hoe om aan die gang te kom

Geen gryswaterstelsel pas een grootte tenk nie, want elke huis het sy eie loodgieterstelsel wat die omvang van die gryswater-oes beïnvloed. Jou belangrikste bondgenoot is ’n loodgieter of nutsman.

Wasgoed-na-tuin lei die afval direk na die tuin. Water kan nie opdraande loop nie, dus is die helling en die vlak van die tuin ’n faktor. Skuif die pype rond, veral as jy wasmasjienwater gebruik, want die eerste afvoer is die vuilste met die hoogste alkaliniteit.

Met die tenk-na-kraan-tegniek versamel gryswater in ’n tenk, gekoppel aan ’n kraan vir tuingebruik. ’n Sowat 37 Kw-pomp (met filter) sorg vir voldoende druk om ’n sproeier, handspuit of misspuit te laat loop. ’n Tenk van 850 tot 950 liter is groot genoeg om die waterverbruik van die dag te versamel. Dit kan geïnstalleer word deur ’n bekwame selfdoen-entoesias of ’n ervare praktisyn.

Bykomstighede sluit in filters, afleidingsklep, versonke tenk, spesiale besproeiingspype vir gryswater, ens. As die gryswater in ’n outomatiese gietstelsel gevoer word, vind uit hoe reënwater of munisipale water in dieselfde stelsel ingevoer kan word, want dit is nie goed vir plante om net gryswater te kry nie.

Die moets en moenies vir die gebruik van gryswater

  • Gebruik gryswater binne 24 uur – moet dit nie langer stoor nie, anders kan patogene ontstaan.
  • Moenie waswater gebruik om doeke of wasgoed te was nie en moet nie gryswater gebruik as iemand in die huis aan ’n aansteeklike siekte ly nie.
  • Moenie in winderige toestande water gee nie, aangesien die gryswater van die eiendom af kan waai – dit is nie aangenaam vir jou bure nie en kan ’n gesondheidsgevaar inhou.
  • Moenie gryswater in ’n drup- of misbesproeiingstelsel gebruik nie, tensy dit gefiltreer word. Dit sal ’n blokkasie in die spuitpunte veroorsaak.


    Meer oor:  Water  |  Tuin  |  Gryswater  |  Reën
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.