Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Hannon verheug oor sy eie pienk roos
Julius Swart, Hannon se man, en Hannon Bothma was gister uitgevat in hul geblomde hemde by die bekendstelling van die pragtige pienk Hannon-roos. Foto: ANNELIZE CAMPHER

’n Pragtige donkerpienk roos wat na Hannon vernoem is, is Sondag by die Garden World-kwekery in Ruimsig, Johannesburg, tydens ’n gesellige geleentheid bekend gestel.

Dié roos is spesiaal vir Hannon deur Malanseuns gekweek en hy het vertel dis seker een van die grootste voorregte wat enige mens te beurt kan val wanneer ’n roos na jou vernoem word.

“Ek droom al my lewe lank om eendag my eie unieke Hannon-roos te kan hê, verkieslik pienk, omdat dit die kleur is wat ek met vroulikheid vereenselwig,” sê Hannon.

Toe Jan de Waal, die eienaar van Garden World, vir Hannon vertel het dis is glad nie onmoontlik om sy eie roos te kry nie, was Hannon baie opgewonde.

“Ons het by Malanseuns se Bonacourt-kwekery ontmoet, wat die geskikste kwekery in die land is om ’n nuwe kultivar roos te ontwikkel en te kweek vir massaproduksie. Henk Malan het reeds elke roosplant met ’n pienk skakering wat nog nie internasionaal geregistreer is nie, vir ons uitgepak en ek het een gekies,” vertel Hannon.

Die Hannon-roos is so groot soos ’n vuis en ’n baie diep pienk skakering. Daar is sowat 5 000 plante gekweek wat versprei kan word aan kwekerye regdeur die land en dit is reeds by Garden World beskikbaar.

Meer oor:  Roos  |  Hannon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.