Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Inspirasie en styl by Garden World

As daar ’n plek is waar jy in die volgende maand eenvoudig móét uitkom, is dit Garden World, wat tot 2 September sy 2018-Lentefees hou.

Hier word 17 asemrowende skoutuine gewys en besoekers kan daardeur drentel vir idees en inspirasie.

Een van die hoogtepunte op sy 2018-Lentefees is Garden World se eie tuin met die tema “Die wêreld in een land”.Foto: Terésa Coetzee

Die uitdaging was om tuine met karakter, atmosfeer en persoonlike styl te ontwerp en die resultaat het almal verras.

Van die deelnemers vanjaar is verlede jaar se People’s Choice-wenner, Lizette Nieman van Strylitzia Landscapes, asook Rand Water en die Walter Sisulu Botaniese Tuin. Fraai kindertuine is ook te sien.

Vanjaar se skoutuintema is “A Sense of Place” en die uitdaging was om ’n klein spasie uniek te maak.

’n Oulike manier om ’n ou pot nuwe lewe te gee. Foto: Terésa Coetzee

Elke tuin vertel sy eie verhaal en versinnebeeld ’n lewenstyl.

Een van die hoogtepunte is Garden World se eie tuin, met die tema “ ’n Wêreld in een land”.

Die uitstalling sluit tuine van die Tafelberg Nasionale Park in die Wes-Kaap, Koffiebaai aan die Wildekus en tuine van die Oos-Kaap in.

Asemrowende proteas soos ’n mens dit nog nooit gesien het nie, word hier uitgestal en net daarvoor is die fees ’n besoek werd.

Op 9 Augustus om 10:30 hou die Glam Guru, Hannon Bothma, ’n spesiale mooimaaksessie vir Vrouedag.

  • Vir meer inligting en besprekings vir die praatjies en werksessies, skakel 011 957 2545 of 011 956 3003 of besoek gardenworld.co.za.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.