Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Kan jy nou meer(jarig)!

As jou tuin die afgelope somer te veel tyd in beslag geneem het en jy bereid is om die winter ’n bietjie ekstra moeite te doen, oorweeg dit om meer blommende meerjarige plante te plant.

Pentas “Lucky Star” lok skoenlappers.

Blommende meerjariges is ’n steunpilaar in die tuin en bied die hele somer blomme en ’n verskeidenheid kleure.

As jy nie tyd het om ’n swaar hand oor jou tuin te hou nie, is meerjarige plante ’n minder veeleisende opsie as eenjarige plante. Dit hou langer, is makliker om te kweek en bied waarde vir geld omdat jy meer as een seisoen uit die plant kry.

Die geheim is om ’n verskeidenheid meerjarige blomplante te plant wat begin-, middel- en laatsomerblomme bied. Só is daar altyd iets aan te blom. Met tradisionele gunstelinge soos agapanthus, daglelies, gaillardia, rudbeckia, baard- en wilde irisse, salvia en gaura, sal jy jou somer met ’n knal eerder as ’n gekerm eindig.

Die meeste meerjarige plante groei vier tot vyf jaar – sommige selfs langer – op dieselfde plek voordat dit verdeel moet word.

As jy reeds meerjarige plante in die tuin het, sal die opdeel van groot polle nog nuwe plante oplewer.

Gaura is ’n sterk plant vir enige sonnige tuin.

Dit kan nog tot vroeg vandeesmaand gedoen word wanneer dit koel is en daar minder spanning op die nuutgeskepte plante is.

Omdat meerjariges ongeveer vier tot vyf jaar in dieselfde grond bly, het hulle ’n goeie fondament nodig. Berei die grond goed voor, voeg baie organiese materiaal, kompos, beenmeel en ’n algemene kunsmis (organies, indien moontlik) by en spit dit diep in.

Vir meerjariges om indruk te maak, geld dieselfde ontwerp­reël as met al die ander: Plant in groepe met ongelyke getalle (drie, vyf, sewe) en laat ’n groter afstand tussen groepe meerjariges toe as met eenjariges om vir groei te voorsien. Plaas die hoër plante aan die agterkant van die bedding en die laaggroeiendes nader aan die voorkant.

Gaillardia “Mesa” is ’n meerjarige wat goed werk as ’n grens.
Salvia “Purple and Bloom” is kleurvol en waterwys.

Knyp die groeipunt van jong plante af om bosagtige plante te skep. Dit werk die doeltreffendste as die plante tussen 10 cm en 15 cm hoog is.

Die verwydering van vervaagde blomme is nie noodsaaklik nie, maar dit moedig wel blom aan omdat dit voorkom dat die plant saadskiet en maak dit moontlik dat die oorblywende knoppies in beter blomme oopgaan.

By die meeste meerjariges help dit om die boonste derde van die plant af te sny wanneer dit saadskiet; dit sal sorg dat die plant nuwe lote en blomme oplewer.

Coreopsis benodig grond wat goed dreineer.

Vyf maklike meerjarige blomme vir die eerste probeerslag

  • Coreopsis grandiflora het sonnige geel blomme en is ’n staatmaker in sy eerste jaar. Dit groei in volson en is ’n kompakte, regop plant met ’n hoogte en verspreiding van een meter.
  • Gaura lindheimeri “Ballerina” is ’n kompakte, laaggroeiende gaura wat opvallende blomme op donker blare produseer. Die regop plante word tussen 30 cm en 45 cm hoog en sorg vir ’n pragtige vertoning in die tuin. Die blomkleure is blos, roos of wit.
  • Struikagtige meerjarige salvias wat ’n oorvloed van blou blomme maak, soos “Mystic Spiers”, “Purple and Bloom” en “Black and Bloom”, skep pragtige fokuspunte in jou tuin.

Hierdie salvia moenie te veel water kry nie, maar moet gereeld goed natgemaak word.

Alice Coetzee

In die tuin moet dit ongeveer 25 cm van mekaar geplant word.

  • Pentas lanceolata is ’n vinniggroeiende medium-struik met massas stervormige pienk, rooi, pers of wit blomme wat teen heldergroen blare skitter. Dit hou sy vorm goed en die blomme is ’n magneet vir skoenlappers.

Dit is droogtebestand en weerstaan ligte ryp. As dit teruggesny word, sal dit weer en weer blom.

  • Gaillardia grandiflora “Arizona Sun” is ’n lang, blommende somermeerjarige wat blom tot die eerste ryp. Dit is ’n sonliefhebber en lewer heldergeel en rooi blomme wat bo die heuwelagtige, verspreide blare gedra word. In die tuin bereik dit ’n hoogte van 30 cm met blomme.
Meer oor:  Alice Coetzee  |  Somer  |  Blomme  |  Tuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.