Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Kreatief met kleur van rose
Die Thuli Madonsela-roos gee ’n sterk vroulike energie af.

As ’n roos verteenwoordigend moes wees ter erkenning van die werk en waagmoed van die vorige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, watter kleur moet dit dan wees?

Dit was die vraag wat Ludwig Taschner en sy dogter Anja hulself afgevra het in reaksie op baie versoeke wat oor die jare heen van die publiek ontvang is om ’n roos na Madonsela te vernoem.

“Ons wou dit nie doen terwyl sy nog in die amp was nie, maar ná haar uittrede en aanstelling as professor in sosiale geregtigheid in die fakulteit regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch, was die weg duidelik,” sê Anja.

Die roos wat hulle geïdentifiseer het, het dieppienk blomme wat haar “sterk vroulike energie” simboliseer, sê Anja, terwyl die wit skaduwee aan die buitenste kroonblare staan vir haar eerlikheid, integriteit en deursigtigheid.

Die Namakwaland-roos pas maklik by die meeste ander kleur rose aan.

“Pienk is ’n koesterende kleur en dit gee ook uitdrukking aan prof. Madonsela se begeerte om jong mense voor te berei om te werk vir sosiale geregtigheid, deur die universiteit en die Thuma-stigting wat sy begin het.”

Toe dit tyd geword het om te kies, het Anja vir Madonsela ’n groot ruiker rose in elke kleur aangebied, wat die roos wat hulle vir haar bewillig het, ingesluit het.

“Ek weet nie of die roos haar gekies het, of sy die roos gekies het nie, maar sonder dat sy gevra het, het sy dadelik die roos opgemerk,” onthou Anja.

Die roos wat Madonsela gekies het, word reeds vanaf gister op die 48ste Lenteroosfees op Ludwig’s-roosplaas, noord van Pretoria, vertoon.

Dié roos groei tot ’n bosagtige roos, wat borshoogte is en van bo na onder met groen blare bedek is. Dit het perfek gevormde baster-teeblomme wat in trosse gedra word. Die blomme groei uiteindelik tot ’n vol-kroonblaar- outydse vorm in sy volwasse stadium.

Sacred Red is ’n kragtige rooi roos waarmee jy die aandag aan ’n ingang kan gee.

As een van die nuwe geslagte ‘Stamina’-rose, is dit sterk, met siektebestande blare en diep, wyd verspreide wortels wat dit in staat stel om te floreer ondanks klimaatstres.

Die ‘Taal van kleur’ ??is die tema van vanjaar se roosfees. Die labirint, uitstallings, interaktiewe werksessies, praatjies en kleursones bied besoekers ’n diepte-ondersoek na wat kleur beteken en hoe dit beïnvloed hoe ons voel, wat ons eet, wat ons dra en selfs wat ons in ons tuine plant.

“Omdat ons in ’n sonnige land woon, het ons soveel blomme om van te kies dat tuiniers die luuksheid het om heeltyd met kleur te kan werk,” sê Anja, wat self ’n praatjie oor hoe om kleur in die tuin te gebruik sal lewer.

Haar raad aan tuiniers wat passievol is, is om nie noodwendig sterk kleure soos rooi te plant nie, maar om eerder meer kalmerende pastelle te oorweeg, terwyl rustiger mense dinge met helderder kleure moet versier. In haar eie tuin het Anja blokke pienk rose geplant, wat wissel van lig tot donker, terwyl die paadjie na die huis beplant is met wit bosrose, rankers en grondbedekkings.

“Wit is ’n suiwer kleur en deur dit by ’n ingang te plant help mense om van die frenetiese energie van die buitewêreld na die rustigheid van die huis oor te skakel. Wit weerspieël ook ander kleure en beklemtoon dit.”

Thuli Madonsela

’n Kombinasie waaroor Anja gek is, is die treffendheid van rye lang groeiende helderpienk Otto de Jager-rose gekombineer met die goudgeel Suid-Afrika-roos.

Rooi word altyd met rose vereenselwig, maar dit is ’n moeilike kleur om te gebruik omdat dit so kragtig is, sê Anja. Dit kan afgewissel word deur dit met magenta en dieppers rose te kombineer, of ’n spatsel wit rose kan bygevoeg word.

’n Ander opsie is om veelvuldige skakerings van rooi van vermiljoen tot helderrooi tot amper swart te gebruik, met baie groen tussenin om die balans van die natuur te bring.

Buffergeel rose, soos die nuwe Namakwaland-, Sandcastle- en Helena van Troje-rose, is die maklikste om in die tuin te gebruik en pas maklik by meeste kleure aan.

Vir ’n helder indruk, paar dit met helderder geel en oranje rose, of versag dit met lila, donkerrooi of bruin getinte rose.

Die kleur van rose hou ook verband met die geur daarvan. Geel rose het ’n vars, sitrusgeur, magenta het ’n muskusagtige geur, bruinerige rose is geneig om gekruid te wees, met ’n geur van kaneel of naeltjies, en pienk rose het ’n soet reuk, met geure van jasmyn en gesiggies. Die Thuli Madonsela-roos, sê Anja, het ’n muskusagtige soetheid met basisgeure van reën.

“Soos wynproe, kan ons meer as 6 000 geure onderskei, maar ons het vergeet hoe om die subtiele geure te ruik omdat ons met soveel kunsmatige geure gebombardeer word.”

  • “Die taal van kleur”is die tema van die Lenteroosfees hierdie naweek op Ludwig’s-roosplaas, noord van Pretoria. Skakel 012 544 0144 of besoek www.ludwigsroses.co.za vir nog inligting.
Meer oor:  Adv. Thuli Madonsela  |  Alice Coetzee  |  Tuine  |  Tuinmaak  |  Rose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.