Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Kry jou kuiertuin gereed

Ja, braaiseisoen, ’n gunsteling op elke Suid-Afrikaner se kalender, is hier en sal vir ’n paar maande bly. Voordat jy jou vriende en familie na ’n middagmaal langs die swembad begin uitnooi, mengeldrankies uit lang glase begin drink en lekker kos geniet, het Life is a Garden ’n paar idees saamgestel wat jy dalk moet oorweeg om jou tuin in ’n onthaalparadys te omskep.

Daar is min dinge so lekker soos ’n gesellige kuier saam met vriende op ’n heerlike someraand.Foto’s: life is a garden

Die somer is hier en Suid-Afrikaners het uit hul winterslaap ontwaak om die warm dae en soel aande kuier-kuier te geniet.

Soos wat ons nader aan die feestyd kom, is dit tyd om die kussings uit te haal, die tafel uit te dra en ’n paar houtstompies op die vuur te gooi.

Hier is ’n paar nuttige wenke. Sorg vir ’n bietjie skaduwee Die somerdae lok ons buitentoe en bring ons nader aan die natuur. In die warm son sal almal egter ’n bietjie skaduwee verwelkom. Skep ’n rustige, skaduryke ruimte in die tuin deur ’n bankie onder ’n lowerryke boom te plaas of ’n groot sambreel by ’n tafel op te slaan waar jy vir ure lank saam met gaste kan kuier. Vir ’n geselliger, meer informele kuierarea, plaas ’n paar buite-rusbanke onder ’n skadunet naby die braaiplek, waar die geur van die braaivleis en die geknetter van die vuur die atmosfeer sal verhoog.

Plant aromatiese blomme soos jasmyn vir ’n heerlike somerreuk in jou tuin.

Die strelende geluid van water

’n Waterfokuspunt is ’n moet vir elke tuin, veral in die somermaande wanneer die sagte vloei van borrelende water ’n rustige paradys skep. Nie net sal die water dwarsdeur die jaar voëls na jou tuin lok nie, maar die kalmerende geluid van die water wat spoel, het ook ’n kalmerende uitwerking op die gees. Vriende en familie sal daarvan hou om tyd in jou tuin deur te bring en die ontspannende geluid van lopende water te geniet, aangesien dit ontsnapping van ’n besige leefstyl bied.

Kweek kruie

Of jou tuin groot of klein is, jy verdien ’n regte kruietuin naby jou onthaalarea. Nie net sal die vars aroma van die kruie jou sintuie streel nie, maar die kruie sal ook ’n oorvloed geure bied om jou kookkuns te verryk en jou mengeldrankies mooier en geuriger te maak. Plant baie basiliekruid, kruisement en tiemie, want dit is heerlik saam met jenewer- en ander mengeldrankies en sal enige slaai, bykos en vleisgereg opkikker.

Die teenpool van water vir ’n rustige atmosfeer is ’n gesellige, knetterende vuur. Rangskik sitplekke rondom die vuur en die kuier sal vanself momentum aanneem.

Blomme vir elke geleentheid

Aangesien jou tuin die agtergrond van jou buiteparadys vorm, oorweeg om ’n paar pragtige, aromatiese blomme in blombeddings, dekoratiewe potte en mandjies rondom die tuin te plant. Dit sal goed werk saam met ’n welige grasperk en donkergroen blare van klein struike en bosse. Met jou tafel as fokuspunt wanneer jy onthaal, dek dit mooi met ’n verskeidenheid glaspotte vol vars blomme uit jou tuin. Voeg ’n paar kerse by om ’n bietjie lig en hope atmosfeer te skep.

Lekker langs die vuur

Hoewel die aande redelik warm is, kan dit steeds heelwat koeler wees as die warm somerdae. Skep ’n bron van hitte met ’n vuurput en maak só seker dat die gesprekke nog tot laatnag aanhou. Plaas ’n vuurput op ’n soliede oppervlak en omring dit met gemaklike sitplek met sagte komberse sodat gaste kan saamkuier terwyl hulle die aand se somerbriesie geniet.

  • Besoek www.lifeisagarden.co.za vir meer wenke en inligting oor tuinmaak of neem deel aan die gesprek op ons Facebook by facebook.com/lifeisagardensa.
Meer oor:  Tuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.